Somerstrand Gemeente

Meer as genoeg... net Christus
Solus Christus - net Christus
Locations & Times
Somerstrand Gemeente
77 Louis Botha, Port Elizabeth, 6001, South Africa
Sunday 5:00 PM
Lees en oordink Romeine 8:1-3. Wat beteken dit vir jou om “in Christus” te wees?

Katharina von Bora
Katharina von Bora was 5 jaar oud toe haar pa haar by ’n klooster afgelaai het. Op 15 word sy ’n non. Agt jaar later word sy en 8 ander nonne uit die klooster gesmokkel. Sy sluit aan by die reformasie. ’n Paar maande later trou sy met Martin Luther. Dit was ’n belangrike, dapper stap. Dit was die eerste keer dat predikante of nonne kon trou. Von Bora was ’n belangrike figuur in die Reformasie en word as die moeder van die Reformasie beskou. Danksy haar het kerk en samelewing begin om vroue as gelykwaardig te sien. Sy het geboer en handel gedryf. Sy het ook ’n gastehuis en konferensiesentrum bedryf. Na Luther se dood was sy die eerste vroulike erfgenaam. Die staat het egter Luther se testament as ongeldig verwerp, en sy verloor alles. In 1552 moes sy en haar kinders vlug weens ’n uitbraak van die pes. Een van die belangrike reformatoriese museums is in Torgau ter ere van haar opgerig.

Die eerste vraag en antwoord van die Heidelbergse Kategismus is sekerlik ook die bekendste:
Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?
Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort. Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos.
Hierdie woorde inspireer liedere soos Lied 292:
My enigste troos in lewe en dood / is dat ek aan Jesus Christus behoort.
Jesus Christus is die sentrum van ons geloof. Daar is geen ander weg na die Vader behalwe deur Hom nie. Deur Hom ken ons vir God. Deur Hom het ons lewe. Ons het nie ’n ekstra middelaar nodig nie – Jesus is genoeg. Ons hoef nie iets ekstra te doen om met God versoen te wees nie – Jesus is genoeg.
Net Jesus. Meer as genoeg.

Die prent van die lam staan bekend as die “Agnus Dei kruis”. Johannes verwys na Jesus as die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem (1:29). 1 Korintiërs 5:7 verwys na Jesus as die Paaslam: net soos wat die Paaslam in Egipte geslag is, is Jesus die Lam wat deur sy bloed vir ons bevryding gebring het. Openbaring praat van Jesus as die Lam.
In die Agnus Dei staan die Lam regop met ’n banier. Daar is ’n kruis op die banier. Dit is simbolies van Jesus se opstanding en oorwinning oor die dood.
Dink na oor jou geloof in die Lam. Reflekteer oor wat Hy vir jou gedoen het, oor die betekenis van sy sterwe en opstanding.

Dieper dink
As jy dink oor Jesus, wie is Hy vir jou? Hoe is Hy? Hoe leer jy God deur Hom ken?
Die laaste jare van Katharina von Bora se lewe was baie moeilik. Haar erfporsie is gekonfiskeer, haar huis afgebrand. Sy het inkomste verdien deur losies vir studente te bied, totdat Wittenberg se studente weens ’n uitbraak van die pes gevlug het. Sy het self ook gevlug, maar is ernstig beseer toe haar perde geskrik en sy van haar perdekar af moes spring . Drie maande later is sy dood. Haar laaste woorde was: “Ek sal aan my Here Jesus Christus vasklou soos ’n duwweltjie aan ’n jas.” Wat beteken dit vir jou om aan Christus vas te klou?