YouVersion Logo
Search Icon

Doxa Deo Langberg

Wat Die Hart Van Vols Is!

Wat Die Hart Van Vols Is!

Preek reeks wat handel oor hoe belangrik dit is om jou hart vol te maak met die regte goed. Met die Woord!

Locations & Times

Doxa Deo Langeberg

Steenbok Rd, Langeberg Ridge, Cape Town, 7550, South Africa

Sunday 5:00 PM

Wat Die Hart Van Vol Is

Spreuke 4: 23 NLV
23 Bo alles, wees versigtigmet wat in jou hart aangaan.Wat jy dink,bepaal alles wat jy doen.

Dit is duidelik dat die oorsprong van die lewe vanuit my hart, my denke kom. Maar hoe beskerm ek my hart?
7 Maniere om jou hart te beskerm:
1. Beskerm alles wat in kom.
Ons moet wat ons na kyk, luister en hoor met wysheid deur sif en net dit toelaat wat opbouend en goed is. Ons moet ons gedagtes beskerm deur om net die goeie toe te laat! Fil 4:8-9 moet jou “anti virus” wees...
Hoe werk ‘n Antivirus?
Fil 4:8-9 MSG
8-9Summing it all up, friends, I’d say you’ll do best by filling your minds and meditating on things true, noble, reputable, authentic, compelling, gracious—the best, not the worst; the beautiful, not the ugly; things to praise, not things to curse. Put into practice what you learned from me, what you heard and saw and realized. Do that, and God, who makes everything work together, will work you into his most excellent harmonies.
Gebruik 2Kor 10:4-5 as jou “Anti Virus” wanneer goed ingesluip het.
Hoe verwyder ‘n “Anti Virus” virusse en trojanhorses ens?
2 Kor 10:4-5 DB
4Maar ons wapens is nie mensgemaakte wapens nie. Gelukkig nie! Ons staan in die Here se diens; daarom kry ons al ons wapens by Hom. Daarmee vernietig ons alles wat in die pad van die goeie nuus staan, selfs die heel sterkste vestings van die vyand. Met hierdie wapens vernietig ons elke vals argument. 5Elke hooghartige leuen wat die ware kennis van God probeer verdraai, loop ons met God se wapens onderstebo. En elke gedagte wat deur ons koppe gaan, neem ons gevange en lewer dit aan Christus uit. Ons dink slegs wat Hy wil hê.

2. Volhard in die gesig van moeilike tye
Ons kan volhard in die moeilike tye want ons weet ons wandel in die lewe vanuit Sy krag! 2 Kor 12:9-10
9 Hy het egter vir my gesê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk.
10 Ek is dus tevrede met my swakhede, beledigings, ontberings, vervolgings en benoudhede ter wille van Christus, want wanneer ek swak is, juis dán is ek sterk.

Wat ons nodig het is om te volhard want in ‘n kort rukkie sal ons beloon word vir ons getrouheid! Josef, Dawid ens
Heb 10:36 – 37 NLV
36 Wat julle nodig het, is om te volhard sodat julle kan voortgaan om God se wil te gehoorsaam.
37 Nog net, soos die Skrif sê,“’n baie kort tydjie,en Hy wat op pad is, sal kom. Hy sal nie talm nie



The truth is that God doesn’t promise certain limits to suffering. He doesn’t guarantee personal happiness. He doesn’t ensure our escape from pain. His people are often crushed beyond measure: the Bible makes that abundantly clear.4 Here are some guarantees God’s word does give us:
§ Suffering will come, but we will also share in Christ’s glory (1 Peter 4:12-13).
§ All that happens will be for our good, to make us more like Jesus (Rom 8:28-30).
§ Nothing can ever separate us from God’s love (Rom 8:38-39).
§ He won’t let us be tempted – that is, tested – beyond what we can bear, but will provide a way for us to endure it (1 Cor 10:13).
§ He will give us all we need for life and godliness (2 Pet 1:3)
§ In our weakness, he will give us strength (2 Cor 12:9-10 cf 2 Cor 4:7-12; Phil 4:11-13; Col 1:11-14).

3. Word deur die Heilige Gees gelei
Wees jy getrou tot dit wat God jou voor geroep het! God het ons uniek gemaak!
PS 139: 7 -14 NLV
7 Waarheen sou ek kon gaan om u Gees te ontwyk? Of waarheen sou ek kon uitwyk om u teenwoordigheid te ontvlug?
8 Gaan ek op na die hemel toe, is U daar; gaan lê ek in die doderyk, dan is U ook daar!
9 Vlieg ek met die daeraad na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste,
10 selfs daar sal u hand my lei, en u regterhand my ondersteun.
11 Sou ek sê: “Mag duisternis my oorweldig en die lig nag word rondom my,”
12 dan is die nag vir U nie donker nie, maar is so helder soos dag, want duisternis is vir U soos lig.
13 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm.
14 Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed!

4. Hou aan om aan verhoudings te bou! Moet die gemeenskap van die gelowiges vermy nie!
Wanneer ons wedergeboorte beleef word ons in ‘n familie gebore van medegelowiges. Ons word dan medewerkers saam met Christus in die droom om te sien dat die kennis van sy heerlikheid ons stad oordek! Wat die vyand kom doen is om ons te probeer kry om nie deel te wees van ‘n plaaslike uitdrukking van medegelowiges nie. Die vyand wil ons afsonder van ons geestelike familie want hy weet dat ons swak is wanneer ons alleen is. Wanneer ons nie saam met ander gelowiges journey nie!
Wanneer ons Jesus volg word ons deel van Sy familie en dus maak dit nie sin dat ons in isolasie leef nie!
Ons is gemaak om konstant in ander se lewens uitgegiet te word en hulle weer in ons lewens. (Die open loop system in die lymbic system)
Heb 10:25
5 En laat ons tog nie – soos party gemeentelede die gewoonte het – versuim om die gemeente byeenkomste by te woon nie. Kom ons moedig mekaar aan, nog meer omdat ons sien dat die dag van Christus se koms al hoe nader kom.

5. Hou prioriteite reg en hoog in jou lewe en moet geen kompromie maak nie!
Moet nie toelaat dat jou dag jou prioriteite bepaal nie.... Ek se dit weer, moet nie toelaat dat jou dag jou prioriteite bepaal nie, maar laat jou prioriteit jou dag bepaal!
Hoe moet jou prioriteite lyk. Jesus antwoord die vraag so:
Luk 10: 27 NLV
27 Die man het geantwoord: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel, al jou krag en jou hele verstand.’ En: ‘Jy moet jou medemens liefhê soos jouself.’”
a. God
b. Medemens en jouself

6. Hou jou vertroue in die Here
Wanneer ons dinge probeer op ons eie manier uitsorteer en nie oorgee aan God en geduldig wat nie, dan se ons eintlik “Vader ek vertrou U nie met my probleme en lewe nie”
Die skrywer van Hebreërs se dit so:
Heb 10:35 NLV
35 Moenie hierdie vertroue in God deur julle vingers laat glip nie. Dit hou vir julle ’n groot beloning in.

Dawid se dit so in PS 23: 1 -6
1 Die Here is my herder; daar is niks wat my ontbreek nie.
2 Hy laat my lê in groen weivelde; na water waar rus is, lei Hy my.
3 Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die pad van geregtigheid tot eer van sy Naam.
4 Wanneer ek loop in ’n baie donker kloof, sal ek nie bang wees nie, want U is naby my. U stok en u staf beskerm en ondersteun my.
5 U berei vir my ’n feesmaal voor die oë van al my vyande. U verwelkom my as ’n eregas deur my kop te salf met olie en my beker oorvol te maak.
6 Waarlik, u goedheid en trou vergesel my al die dae van my lewe; en ek sal bly in die huis van die Here so lank as wat ek lewe.

Jesus se dit weer op Sy beurt so:
Mat 11:28-30 MSG
28-30“Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”


7. Herinner jouself daagliks aan wat die Here vir jou gedoen het en aan die Goeie Nuus. Herinner jouself aan die beloftes van die Here
Die Goeie Nuus is nie net iets wat ons eenkeer hoor en tot bekering kom nie en dan gaan ons hemel toe nie, nee die Goeie Nuus is die transformerende krag in my lewe wat ek elke dag nodgi het om te kan sien wie ek regtig is. Die Goeie Nuus wy my wie ek regtig is!

Rom 1:16-17 NLV
16 Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode.
17 Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.”