YouVersion Logo
Search Icon

Doxa Deo Moot

Calling

Calling

Love - reeks

Locations & Times

Doxa Deo Moot Gemeente

1245 Ben Swart St, Pretoria, 0186, South Africa

Sunday 8:00 AM

Vandag praat ons met jou oor “Calling”.
But now, O Israel, the LORD who created you says: "Do not be afraid, for I have ransomed you. I have called you by name; you are mine."
(Isa 43:1 NLT)

Almal is geroep, nie net die mense wat vir die kerk werk nie.
In Doxa Deo hou ons nie van die woord “Volunteer” nie. ’n “Volunteer” is ’n persoon wat iemand anders help om sy roeping uit te lewe. En so ’n “Volunteer” kan enige tyd onttrek.
Ons kies om na ons mense te verwys as “called ones”. Ons oortuiging is dat mense geroep word vir werk binne sowel as buite die sfeer van kerk. Dat mense ook geroep word na die werksplek.
Die Afrikaanse woord wat ons gebruik is medewerkers. Dis hoe die Bybel ook praat van die manne en vroue wat gelewe het vir meer as net hulle self. Manne en Vroue wat as “called ones” hulle roeping uit gelewe het.

And I ask you, my true teammate, to help these women, for they worked hard with me in telling others the Good News. And they worked with Clement and the rest of my co-workers, whose names are written in the Book of Life. (Phi 4:3 NLT)

... ook Jesus wat Justus genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen is my medewerkers vir die koninkryk van God en hulle was ‘n troos vir my. (Kol 4:11 AOT)

So do Mark, Aristarchus, Demas, and Luke, my co-workers. (Phm 1:24 NLT)

1. Caller ID:
Ek weet nie of jy soos ek is nie, maar ek verpes dit wanneer “call centers” my bel om iets aan my te verkoop. Deesdae kry jy “apps” wat jou help om die “Caller ID” te sien. Dan kan jy kies of jy gaan antwoord of nie.

En so “Calling” veronderstel dat daar ’n “Caller” is. En die vraag is erken jy die “Caller ID”? En as jy doen, gaan jy antwoord? Wie se oproepe vat jy? Na wie se woorde luister jy as jy dink oor JOU lewenspad?

Die rede hoekom ons sukkel om roeping te ontdek is omdat ons vir onsself wil luister oor waarheen ons op pad is. Terwyl God jou Skepper is, Hy het jou gemaak, Hy weet waarvoor Hy jou gemaak het en waarvoor HY jou roep.

The LORD has made everything for his own purposes... (Pro 16:4 NLT)

In light of all this, here's what I want you to do. While I'm locked up here, a prisoner for the Master, I want you to get out there and walk--better yet, run!--on the road God called you to travel. I don't want any of you sitting around on your hands. I don't want anyone strolling off, down some path that goes nowhere. (Eph 4:1 Msg)

Roeping beteken jy lewe vir veel meer as net jou eie lewe.

Of jy dit wil weet of nie, jy is soos ’n puzzle stuk wat deel is van ’n groter prentjie. Op jou eie beteken jy nie veel nie. Maar sonder jou, is die prentjie onvolledig.

Nou om te lewe vir meer as net jou eie lewe, vra

® Sacrifice: you are called to give up who we are right now so you can become who God wants you to be.

® Service: You are called to give yourself to others and invest your life in those around you.

® Selflessness: You are called to live beyond yourself and give yourself to Christ and His Kingdom.

2. Please Call ME

Klem hier val op “Me”. Roeping is persoonlik. Niemand het jou roeping behalwe jy nie. Net soos jou vingerafdruk en jou DNA uniek is. Net so is jou roeping ook uniek.

Ek hoor baie mense sê ek wens ek kan soos daai persoon wees. Nee, God het klaar so iemand, Hy soek nie nog so iemand nie. As jy soos daai persoon probeer wees dan moet God iemand soek wat soos jy is en daar is nie nog iemand wat soos jy is nie, want net jy kan wees wie jy is.

Die Bybel praat van ons is een liggaam maar ons is verskillende ledemate.

As die voet sou sê: "Omdat ek nie ‘n hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie," hou hy om dié rede tog nie op om deel van die liggaam te wees nie. (1 Kor 12:15 ANV)

Die voet kan nie die hand wees nie. Die voet wil dalk die hand wees, want die voet voel dalk ek is weggesteek hier onder in ’n kous dis donker en dit stink. Maar die realiteit is die voet kan nie gelukkig wees as ’n hand nie, want sy ontwerp laat hom nie toe om hand te wees nie. Hy gaan misluk en daarom ook mislik wees. Maar wanneer hy sy waarde as voet ontdek dat hy onmisbaar is daar onder. Dan leer hy om verby die moeilike goed te kyk: die stink sokkies en die “sacrifices”; en hy beleef vervulling want hy verstaan die groter prentjie en sy plek in die groter prentjie.

Vir jou om jou roeping te verstaan en die waarde van jou plek in die groter prentjie te sien, is dit belangrik dat jy weet wat jou gawes en talente is.

Tema vir volgende jaar is “Acceleration in mobilization”. In die 1ste kwartaal gaan ons fokus wees op ’n kursus wat ons noem: Explore.

3. My Favorite call
Vroeg in 1992 het ek en Rene nog net uitgegaan. Ek is opgeroep vir ’n 3 maande army kamp. Terwyl hulle my vir 2weke op berg uitplaas om ’n toring op te pas, het ek absoluut geen kontak met die buite wêreld nie. En vir 2 weke, kan ek nie my meisie bel nie. Eendag kry ek ’n roep oor die radio, die ou aan die ander kant sê vir my: Ek het ’n ene mej. Kotze op die lyn. En hy druk die radio teen die telefoon en met ’n gesukkel hoor ek die stem van die liefde van my lewe. Toe sy my stem hoor, toe klink dit of sy my deur die telefoon en deur die radio gaan soen. Dit was my “favorite call” van die week.

Hoekom was ons so opgewonde oor ’n simpel oproep? Passie! Passie is wanneer jy tot uiterste toe sal gaan om te doen dit waarvoor jou hart uitverkoop is.

Passie is egter veel meer as net ’n klomp positiewe emosies. Steven Furtick sê wanneer ’n man en ’n vrou mekaar in bar ontmoet soos in die flieks en hulle jaag huis toe om mekaar se klere af te ruk, is dit nie passie nie, dis net hormone. Passie is toe sy ma sy pa se klere uit getrek het sodat sy hom kon bad omdat hy dit nie meer self kon doen nie. Want hy’t op sterwe gelê... dis passie!

Passie is wanneer Jesus op sy knee van in die tuin van Getsémané en Hy weet wat vir hom voorlê en sy gebed is “Vader as dit moontlik is, laat hierdie beker by my verbygaan – nogtans nie my wil nie, maar U wil geskied”

Passie het ’n nogtans, al kry ek nie erkenning nie NOGTANS sal ek dit doen; al kos dit ’n duur prys NOGTANS sal ek dit doen; al word dit ook hoe moeilik en al sien ek nog nie die resultate nie, al kraak almal om my my af NOGTANS sal ek dit doen. Al word ek nie ’n sent daarvoor betaal nie, NOGTANS sal ek dit doen. Dis hoe jy weet wat jou passie is.

Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het; en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie. Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.
(Openb 2:2-4 AOV)

Waarvan praat die Here hier? Passie, Hy sê vir hierdie gemeente: julle is great, julle doen goeie werk. Ek sien alles wat julle doen. Maar hier’s wat ek mis, hier’s waaroor ek bekommerd is: julle passie.

Baie mense snap hulle roeping, begin dit volg met groot ywer maar dan iewers langs die pad het hulle die passie verloor.Het hulle toegelaat dat die opofferings en die moeilike tye die vreugde van hulle roeping kom steel het. Passie en roeping loop hand aan hand.

Hoe lyk jou passie? Waaroor is jy passievol? Het jy dalk ook jou 1ste liefde / jou passie verloor? As jy sukkel met enige van hierdie vrae:

- Kom by die Here uit en laat toe dat Hy jou passie weer aan die brandsteek.
- Begin te doen dit waaroor jy passievol was, moenie wag vir ’n gevoel nie.

Kan jy dink wat ’n klein groep mense kan bereik wat passievol is en wat opgewonde raak oor die roeping van God oor hulle lewens? As jy nie kan nie, lees die Bybel oor 12 passievolle manne wat gereageer het op God se roeping en gaan lees hoe hulle die kerk gevestig het en letterlik die wêreld verander.

The Concept of your Calling

Sermon by Dr Tony Evans
https://www.youtube.com/watch?v=6sl0JmxlyKk

Put Your Passion In Its Place

Sermon by Pastor Steven Furtick
https://www.youtube.com/watch?v=UULfwan6Rqs