YouVersion Logo
Search Icon

The Great Colab

Klere vir die Okkasie - Skild

Klere vir die Okkasie - Skild

Welkom by week 5 van ‘n 7 weke reeks: Klere vir die Okkasie. Vanaand praat ons oor: Geloof: ons geheime bestanddeel!

Locations & Times

Moreletapark Gemeente

1353 De Villebois Mareuil Dr, Pretoriuspark, Pretoria, 0042, South Africa

Sunday 8:00 AM

Click op die link om vanaand se diens te kyk:

https://www.youtube.com/channel/UCNSvbXWhRFKUWsRpch1wG8g
Daar is darem niks lekkerder as lekker kos nie! Dikwels is die verskil tussen “gewone” kos en iets was regtig yummy is, een geheime bestanddeel! Dit is hoekom party mense so suinig met hul resepte is! Hulle is nie bereid om daardie geheime bestanddeel sommer net met die res van die wêreld te deel nie.

Geloof is sonder twyfel elke volgeling van Jesus se geheime bestanddeel. Sonder geloof sal ons nooit kan groei in ons verhouding met die Here nie. En, soos wat Efesiërs 6 ons herinner, is ons geloof ‘n belangrike deel van hoe ons die stryd teen die vyand kan oorwin.
Dink gou saam aan die verskil tussen ‘n borsharnas en ‘n skild. Ons lees dat ons die skild van geloof kan gebruik om die brandpyle van die bose te kan afweer. Hoe werk ‘n borsharnas? Kan ek ‘n borsharnas rondbeweeg sodra ek hom aangetrek het? Nee! Die borsharnas gaan nêrens heen nie! Ek kan nie sommer gou iemand met my borsharnas oor die kop slaan nie. ‘n Skild is egter gemaak om rond te beweeg. ‘n Skild is ‘n aktiewe stuk van my wapenrusting….. ek kan hom gebruik deur my arms te beweeg in die rigting waar die brandpyl vandaan kom.

Net so is die geheime bestanddeel van my wenresep niks werd as ek dit nie byvoeg by die res van my kos nie. Net omdat die geheime bestanddeel in my huis is, beteken nog nie dat hy deel is van my kos nie!
Geloof is ‘n geskenk wat God vir elkeen van ons gee. Ons kan dit nie verdien nie, en dit is ook nie iets wat die Here van ons af sal wegneem nie. Maar die manier hoe my verhouding met die Here ontwikkel en groei, hang af van hoe ek my geloof aanwend.

As geloof die saadjie is, dan moet ek sorg dat hy geplant word en dat hy water kry. Eers wanneer ek my geloof beoefen en deel maak van my lewe, begin my lewe vrug te dra. Wanneer my geloofsaadjie ontkiem en groei, volg liefde, omgee, selfbeheersing en ‘n klomp ander dinge!
hey
Jy kan maar die brandpyle van die bose verwag. Dit gaan kom. Maar jy is nie weerloos of onveilig in die Here se hand nie. Hy het jou toegerus met ‘n sterk en ondeurdringbare skild; die skild van geloof. Gebruik jou skild, oefen met jou skild. So leef jy elke dag in oorwinning saam met die Here!
hey
Tyd vir opvang
# Hoe gaan dit met elke persoon in jou groep? Wat het hul die afgelope week aangevang? Watter oppe en awwe het elkeen beleef die afgelope week?
# As jy dalk die op jou eie doen, doen moeite om by jou vriende uit te vind hoe dit gaan. Of hoor dalk by jou kerkleier hoe dit met hom/haar gaan.
hey
Wanneer daar in die Bybel na geloof verwys word, kom een spesiale man (ook in die Nuwe Testament) se naam dikwels ter sprake. Kan jy raai wie dit is?
Dit is natuurlik Abraham!
Kom ons lees saam wat Romeine 4:18-22 oor Abraham en sy geloof te sê het:
Gesels met mekaar:
* Wat leer jy uit Abraham se lewe?
* Ons lees hier bo hierdie interessante woorde: “Abraham se geloof was die kragbron van sy lewe.” Wat dink jy beteken dit?
* Wat dink jy van die volgende stelling: “Geloof is minder soos kitskos, en meer soos ‘slow food’ wat lank geprut het”?
#GETREAL
Gesels met jou vriend langs jou: Kom ons sê daar gebeur iets wat jou erg teleurstel: jy kry ‘n besering voor ‘n belangrike sportseisoen, jou ouers wil skei, ‘n belangrike verhouding verbrokkel… hoe kan jou geloof in God jou help in so ‘n tyd? Wat is die rol wat ons geloof speel in moeilike tye?
hey
> Bid vir die persoon langs jou. Bid vir haar/sy geloof en dat sy haar geloof sal beoefen soos ‘n skild wat brandbyle van die bose kan afweer.
> Bid vir haar/sy verhouding met die Here en dat haar/sy geloof haar kragbron sal wees.
> Waarvoor/ vir wie anders kan ons vandag bid?
#GETREAL
# Hoe lyk jou geloof? Is jy seker oor wat jy glo? Of is 2020 besig om regtig pyle in jou rigting te skiet en jou skild is nie gereed nie? Gesels met jou groepleier as jy selfs ‘n klein bietjie twyfel.
# Kom luister Sondag na 'n paneel wat saam gesels oor die pyle van die lewe en hoe ons aanhou kan vashou aan die Hoop.
# Ons challenge jou om saam te kom bid vir China. Ons travel virtueel na China toe. Kom saam...
hey