YouVersion Logo
Search Icon

Lewende Woord Hoofgemeente

God se Getrouheid

God se Getrouheid

Sondag 26 Julie 9h00 - Nevil Norden

Locations & Times

Lewende Woord / Living Word - Main

72 Brummeria Rd, Brummeria, Pretoria, 0184, South Africa

Sunday 9:00 AM

Welkom by Lewende Woord Hoofgemeente

Vir enige inligting, besoek gerus ons webblad:
https://lewendewoord.co.za/

Kyk na hierdie preek op YouTube:

https://youtu.be/DO7-Hsar8BY
Opening Skrif: Johannes 6:35
1. God se getrouheid

Getrouheid is om die regte ding oor en oor te doen.

Jesus sê: Vergewe 70 x 7 elke dag
- Aanvaar eers God se vergifnis
- Vergewe ander
- Vergewe self vir jou eie dom dinge

In moeilike tye moet ek myself afvra:
- Glo ek nog in God se liefde
- Sy getrouheid?
- Sy Woord?

NB: Twyfel ek aan God se liefde en sy regverdigheid?

Die agtergrond van die boodskap is die beleg van Jerusalem, die vernietiging van die stad en die tempel.

Ps: Soos in Samaria het Kannibalisme uitgebreek - ondenkbaar, maar waar! En dit onder 'n verbonds volk.
Hoe kon God so iets toelaat? was daar enige toekoms?
2. Al wat Jeremia sien is verwoesting, maar die Heilige Gees draai sy fokus na God se genade en barmhartigheid en getrouheid.
God verander nie.

Jeremia ween oor Jerusalem en die afgebreekte tempel en in homself was hy plat op die grond.

Toe hy opkyk weg van die omstandighede af toe is daar 'n opflikkering van hoop.

NB: Jy moet jou fokus verskuif om hoop te hê.

Foutvind/kla/aankla/kerm/brom/mor - niks sal help nie.
GEDAGTES WAT SAL HELP

1. God se liefde is altyd standhoudend en standvastig.
2. Jy moet jou fokus verskuif om hoop te hê.

- Verskuif dit na God se barmhartigheid en genade.
God is barmhartig en genadig - merciful and gracious. Rachum v Chanum in Hebreeus. So verklaar God wie Hy is.
Roep Hom aan as 'n God, 'n God van genade en barmhartigheid en verklaar dat Hy dit is - sê dit totdat jy dit glo!
3. Genade is die fondament van God se verbond.

- In Jesus is ons begenadig.
Genade is om die gevange te bevry - van die hel, van sonde en van slawerny.
God se goedheid lei tot bekering.

NB: Wedergeboorte is eenmalig - bekering kan gereeld wees.

In 'n sin moes Jeremia homself van sy verkeerde fokus beheer en fokus op God se goedertierenheid en Sy genade.
Roep die Naam van die Here aan!

Jesus! My Barmhartige en Genadige God!

NB: Dit sal jou hoop wat 'n positiewe verwagting is herstel. Amen
3. Dink net:

- Jerusalem is 52 keer aangeval
- 44 keer verower en herverower
- 23 keer onder beleg
- 2 keer vernietig en weer herbou

NB: Dit is wat die vyand met ons probeer doen.

4. In die negatiewe moet ons, ons harte bewaak en bewaar.
NB: As Israel kon opstaan en Jerusalem herbou kan ons opstaan en
- ons lewens
- ons werke
- ons besighede
- ons land, herbou.

Die begrip van God se liefde.

Sy Agapè liefde
- Dit stroop jou van jou ego en self sterf vir die aksie van God se liefde en
dit trek jou in 'n verhouding in met Hom in 'n wêreld wat sy pad van liefde
verloor het.

Jesus liefde,
Nevil
Offergawe Skrif: 2 Kor. 8:3, 12-13
hey

Tiendes en Offergawes

Maniere om te gee:
https://lewendewoord.co.za/offergawes-tiendes

Aanlyn Dienste

Kyk ons dienste aanlyn:
https://online.lw.family/

Facebook

Volg ons op Facebook:
https://www.facebook.com/lewendewoord/

Instagram

Volg ons op Instagram:
https://www.instagram.com/lewendewoord_main/
hey

Gebedsversoeke en Getuienisse

Ons wil graag saam met jou bid en saam met jou die Here vereer:
https://lewendewoord.co.za/gebed-versoek