#Tienerkerk

Gelykenisse: Die gelykenis van die verlore seun (Leiers)
Gelykenisse: ‘n Goeie storie kry die aandag van mense en trek hulle in. Jesus se gelykenisse is egter meer as stories. Dit ontstel mense, maak mense deurmekaar en laat hulle DINK. Telkens nadat Jesus ʼn gelykenis vertel het, brom die mense saam en probeer hulle bymekaar hoor wat dit nou eintlik beteken! Van nature soek ons as mens n duidelike klink klaar antwoord maar Jesus maak dit nie so maklik nie. ‘n Goeie gelykenis is onverwags, en laat jou wonder! Gelykenisse het die vermoë om een punt oor te dra en 100 ander vrae oop te maak. Soos ʼn goeie grap hoe meer jy ʼn gelykenis verduidelik verloor dit sy krag. Die Bybelse gelykenisse het hulle trefkrag vir ons verloor, dit skok ons nie meer nie, omdat ons dit alreeds so baie gehoor het, maar ook omdat ons lewens wêreld soveel anders is as die waarin Jesus dit vertel. Soms is dit nodig om dit oor te vertel in ʼn moderne idioom sodat ons weer hoor.
Locations & Times
Helderberg NG Gemeente
82 Firmount St, Greenway Rise, Cape Town, 6665, South Africa
Sunday 5:50 PM
Welkom by #Tienerkerk
Baie welkom ons hoop julle het n wonderlike vakansie gehad!
#TienerKerk Facebook
#Tienerkerk Instagram
#Tienerkerk Twitter

Dankoffers

Die kwartaal het laas Sondag aand afgeskop. Ons eerste diens oor die Gelykenisse het baie goeie terugvoer gekry. Dankie aan almal wat gereageer het. Onthou julle is ook welkom op krities opbouende boodskappe te stuur. Maar dit is baie lekker as die goeie terugvoer so instroom. Ons het ook goeie terugvoer van die tieners gekry.
Gelykenisse: ‘n Goeie storie kry die aandag van mense en trek hulle in. Jesus se gelykenisse is egter meer as stories. Dit ontstel mense, maak mense deurmekaar en laat hulle DINK. Telkens nadat Jesus ʼn gelykenis vertel het, brom die mense saam en probeer hulle bymekaar hoor wat dit nou eintlik beteken! Van nature soek ons as mens n duidelike klink klaar antwoord maar Jesus maak dit nie so maklik nie. ‘n Goeie gelykenis is onverwags, en laat jou wonder! Gelykenisse het die vermoë om een punt oor te dra en 100 ander vrae oop te maak. Soos ʼn goeie grap hoe meer jy ʼn gelykenis verduidelik verloor dit sy krag. Die Bybelse gelykenisse het hulle trefkrag vir ons verloor, dit skok ons nie meer nie, omdat ons dit alreeds so baie gehoor het, maar ook omdat ons lewens wêreld soveel anders is as die waarin Jesus dit vertel. Soms is dit nodig om dit oor te vertel in ʼn moderne idioom sodat ons weer hoor.
By die Tienerkerk is dit ons doelwit dat die Tieners vertantwoordelikheid vir mekaar aanvaar, deur bv. mekaar te kontak indien hulle ‘n Sondag afwesig is, vir mekaar te bid wanneer daar behoefte is of om sommer net te hoor hoe dit gaan. Maak seker dat die wat nie by julle groep is nie opgevolg word.
Kleingroep: Verwelkom almal terug. Deel julle hoogtepunt van die week. Gee ook kans as daar enige persoon is wat iets van die gelykenis wil deel van die vorige week.
Evaluering:
Hoor wat was hulle belewenis van die Tienerdiens. Stuur vir #TienerKerk WhatsApp (0636228372) met voorstelle of kommentaar indien nodig.
1. Wat het jou getref vanuit die teks? (Wat het die Heilige Gees op jou hart gedruk)
2. Julle groep moet nou n moderne gelykenis skryf wat hierdie gelykenis vir ons vertel. (Post dit asb op #TienerKerk se facebook bladsy)
3. Wat is al die ander vrae wat hierdie gelykenis vir julle oopmaak?
Die doelwit is om hierdie week solank die gelykenis van vergifnis in Mat 18:21-36 en Mat 20:1-16 te gaan lees en dit oor te skryf op n nuwe manier. Moedig die jongmense ook aan om die Bybelstudie hieronder te doen. dit is Vidieo bybelstudie en regtig die moeite werd. Stuur dit vir Paul Barnard of paste dit op Facebook.
Sluit af in gebed: Dra die jongmense en hulle nuwe jaar aan die Here op.