YouVersion Logo
Search Icon

Lig & Lewe Sentrum

Wat sê God?

Wat sê God?

Locations & Times

Lig en Lewe Sentrum Paarl

22 Rose, Hoog-En-Droog, Paarl, 7646, South Africa

Sunday 9:05 AM

Was jy al ooit in die situasie waar iemand met jou praat en jy hoor maar ver luister nie regtig nie. En omdat jy nie regtig luister nie, verstaan jy nie wat die persoon vir jou sê nie en kan jy maklik jou eie woorde opmaak wat klink soos iets wat jy nou net gehoor het.

Wat my so opgewonde maak is dat God met ons praat, nie net deur ons ore nie, maar in en deur ons gees en kan ons Hom hoor en reageer op wat Hy vir ons sê. God praat, maar ons moet reageer op Sy stem om die resultate te sien. GEHOORSAAMHEID.

God praat met ons elke dag maar ons moet ingestel wees om te luister na Sy stem. Die Here sê dat Sy skape Sy stem ken. (John 10:27) So dit is vandag meer as ooit belangrik om God se stem te leer ken. Die wêreld is vol stemme en vol beweeging, maar daar is net een Stem wat ons lewe kan verander en rigting gee.
Adam en Eva het God se stem geken. Hulle het Sy stem van ver herken. Maar hulle het hulle ore uitgeleen aan verkeerde stemme. Adam het na die stem van sy vrou geluister, en Eva het na die stem van die duiwel geluister.

In Gen 3:17 En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van...
Hierdie stem kan enige ander stem wees in ons lewens, dit kan familie wees, geld, werk, gesondheid, vriende en nog baie ander goed. God het nodig dat ons as Sy kinders ons prioriteite reg kry en Hom eerste stel in ons lewe sodat ons Sy Stem eerste kan hoor...

Ons sien in hierdie gedeelte dat toe Adam en Eva die vrug geëet het was hulle ongehoorsaam aan God. Ongehoorsaamheid het nie hulle ore toe gemaak nie, maar dit het hulle onvrymoedig gemaak om met God te praat en te luister. Hulle het God se stem gehoor maar gekies om weg te kruip... Maar God se genade is so groot, dat Hy uitroep na die mens en hulle kon reageer.

God het die volgende stap gedoen toe die mens nie wou beweeg nie. Hy het hulle GEROEP!!!
God het na ons geroep deur die kruis dood en nou is dit ons beurt om te beweeg. God sê, “nader tot my en Ek sal tot julle nader!”
Daar is drie areas waar ek glo dit belangrik is om te weet wat God sê:

Wanneer Hy sê - Volg My
Wanneer Hy sê - Dien My en
Wanneer Hy sê - Vertrou My
VOLG MY:

Wat beteken dit om te volg:
1.to come after in sequence, order of time, etc.: The speech follows the dinner.
2.to go or come after; move behind in the same direction
3.to accept as a guide or leader; accept the authority of or give allegiance to
4.to conform to, comply with, or act in accordance with; obey: to follow orders; to follow advice.
5.to imitate or copy; use as an exemplar

Jy sien om te volg moet jy jouself opgee en jou begeertes in die een plaas wie jy volg. Om te volg beteken ook om te submit. Om Teachable te wees en te hoor wat die een sê wat jou lei. Daarom is daar soveel mense wat aan hulle gevoelens rond gelei word en nie in die krag van die Heilige Gees kan bly staan nie. Wanneer jy kies om God te volg is dit die moeite werd.
DIEN MY:
God wil hê dat ons Hom moet dien. Ongelukkig is daar so baie mense wat ander gode dien. En weereens is daar verskillende name vir al hierdie gode. Van beeste reg deur tot bome ens. In sommige gelowe is daar oor die 3milj. afgode.
God vra vandag dat ons Hom moet dien en Hom alleen.

Wat beteken dit om te dien?
1. to render assistance; be of use; help.

Wanneer ek dink aan om God te dien beteken dit vir my om my alles vir God te gee sodat Sy Koninkryk uitgebrei kan word. Sy wil moet eerste op my lys wees van dien. Voordat ek enige iets anders dien moet God eerste wees en wanneer ek iemand anders moet dien (om te help met iets) dan doen ek dit asof vir die Here.

Dien God met jou hele hart, siel, krag en verstand
VERTROU MY:
Ek dink hierdie twee woorde praat vanself. Ons moet God vertrou. Vertroue beteken dat ek die ander party se opinie sal vertrou al is die opinie wat ek het anders.

Ons het baie keer ‘n ander perspektief oor hoe dinge moet werk. Maar God weet die beste. So ons kan hom vertrou. Die pad wat Hy vir ons elkeen uit gesit het is ‘n goeie pad en ‘n pad van oorvloed. VERTOU NET OP HOM.
Slot:
Kom ons gaan hierdie week in met vier doelsettings voor oë:


Psalms 37:5 (NLT)
Commit everything you do to the Lord. Trust him, and he will help you.

· Luister na die regte Stem (sal oor eenstem met God se woord)
· Volg God
· Dien God
· En Vertrou God!!!
hey

Maak seker dat die MEGA LIFE GROUP op jou kalender is. Dit gaan lekker wees. Sien jou daar!!!

hey

Stuur jou gebedsversoeke deur... Ons bid graag saam met jou!