YouVersion Logo
Search Icon

Doxa Deo Moot

Pinkster Sondag

Pinkster Sondag

Heilige Gees & ek

Locations & Times

Doxa Deo Moot Gemeente

1245 Ben Swart St, Pretoria, 0186, South Africa

Saturday 8:00 PM

Vandag is Pinksterdag Sondag wat beteken ons herdenk die uitstorting van die Heilige Gees waarvan die boek Handelinge praat.

Ek het bietjie gaan Google en daar’s ’n paar interessante video’s oor die HEILIGE GEES in kerke. Hier is een wat oor 2miljoen hits het, die onderskrif sê: “Guy gets full of the 'holy ghost' and does this insane dance.” (https://www.youtube.com/watch?v=7EaI0U1_IW4)

Party mense sê as dit is wat die HEILIGE GEES doen dan soek ek nie die HEILIGE GEES nie, dankie. Ander ouens sê weer as daar nie so ’n uiterlike manifestasie is van een of ander aard nie, dan is die krag van die HEILIGE GEES nie daar nie.

Hand 19:1-2
“...in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie.”

Dink baie van ons voel so bietjie so, ons beleef ‘n onsekerheid oor die HEILIGE GEES.

Hand 1:8 “... julle sal krag ontvangwanneer die Heilige Gees oor julle kom...”

Hoe verstaan ons hierdie krag? Is dit tale? Is dit wanneer mense “weird” goed doen in die kerk? Dans of val of skud?

Die Heilige Gees is meer as net krag. Meer as goed wat jy sien in kerke of op die internet. Heilige Gees is eerstens ’n persoon. ’n Krag kabel het ook krag, kan klomp goeddoen, maar jy kan nie ‘n verhouding hê met hom nie. Heilige Gees meer as enige iets anders wil in verhouding staan met jou.

In 1 Kor. 2: 10-14 is daar drie goed oor Heilige Gees wat ek wil uitlig...

1. Geopenbaar.
Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.
Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. (1Kor 2:10-11)
Die Heilige Gees openbaar.
apokalupto From G575 and G2572; to take offthecover, that is, disclose: - reveal.
Openbaarmaking van iets wat bedek is of weggesteek is. ’n Ander woord wat ons kan gebruik is: Ont-dek

Jy word nie gebore met jou lewens verhaalklaar uitgeskryf nie. Jy ontdek dit en dis die HEILIGE GEES wat betrokke is in die ontdekkings proses. Sekere dele daarvan kan jy nie ontdek sonder dat die HEILIGE GEES dit aan jou openbaar nie.

Wanneer jy iets soek op die internet, dan gebruik jy ’n “search engine” wat vir jou die beste soek resultate gaan gee. Wat vermoë het om te kan verstaan wat dit is wat jy spesifiek wil weet en watter inligting is daar daarbuite wat jou kan help en wat vinnig deur die inligting kan sif om vir jou die regte inligting te gee.
Heilige Gees ondersoek alle dinge, ook die diep dinge van God.

Ek en jy maak besluiteop grond van inligting wat ons het oor verlede en die hede. Heilige Gees maak besluite op grond van inligting oor verlede, hede en toekoms.

2. Geskenk

Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. (1Kor 2:12)

Die Heilige Gees openbaar veral dan, dit wat aan jou geskenk is.

Hier is wat jy wil weet: Wat is dit, wat God vir MY gegee het?

M.a.w. wat is God se doel en plan met MY lewe. Waarheen is God met MY op pad?

- Dalk het jy al ’n uur of twee in ’n ry gestaan net om te ontdek dis die verkeerde ry?
- Begin werk aan projek – sit baie moeite in, dan sê iemand skielik vir jou, skies dis die verkeerde projek, jy moes eintlik aan hierdie projek gewerk het.
- Dis Frustrerend en so ’n mors van tyd en energie en hulpbronne.

Ek wil nie 20jaar mors deur te probeer wees wie ek nie is nie? Of om na iets te soek wat nie vir my bedoel was nie. Heilige Gees kom leer my om te verstaan en te waardeer en te “celebrate” wie ek is.

Wanneer ek nie weet wie ek is of waarheen God met my op pad is nie, hoe weet ek of ek of ek vordering maak? Hoe kan ek goed voel oor my lewens journey as ek nie iets het om dit teen te meet nie?

Dis wanneer jy na ander mense begin kyk om jou goed te laat voel, jy begin ander mense se goedkeuring soek en dit maak dat jy besig raak met dinge wat God nooit vir jou bestem het nie.

Dit maak jou moeg. Paulus sê die dinge wat God vir my bestem het, is gratis (uit genade). Dis harde werk om dit te bekom wat nie vir jou bedoel is nie. Jy moet veg en steel en op mense trap en verhoudings seermaak net om agterkom dat dit waarna jy gejaag het, is eintlik nie wat jy wil he nie, kan jou nie vervul nie, hoekom? Want dis nie wat God vir jou bestem het nie.

Nog erger is, wat is daar wat God wel vir my bestem het, wat ek op uit mis omdat ek dit nooit ontdek nie, want ek het nie na die HEILIGE GEES geluister nie.

3. Geestelike dinge

Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
(1Co 2:13-14)

Die Heilige Gees leer ons geestelike dinge.

Wat dit moeilik maak is juis dat dit nie op natuurlike vlak verstaan kan word nie. Jy weet dis die Here wat met jou praat wanneer dit nie sin maak nie.

· Maak nie sin om vir 6 dae om mure v stad te loop en 7 keer op 7de dag en dan val die stad se muur om nie.
· Maak nie sin dat jy 5000 mense prober kos gee met 2 vissies en 5 broodjies nie

Ons sukkel in ons verhouding met HEILIGE GEES want dit maak nie altyd lekker sin nie. Geloof is nie bedoel om sin te maak nie.

Heilige Gees lei ons, in dit wat ons nie verstaan nie.

Die natuurlike mens, is afhanklik van sy sintuie om inligting te bekom: oë, ore, smaak, reuk en gevoel. Informasie wat jy kan prosesseer en verstaan.

God praat vanuit ’n ander dimensie met jou en in die Heilige Gees het jy die vermoë om vanuit ’n hele ander vlak af, ingelig te wees. As jy daardie inligting het, tree jy anders op lyk jou lewe anders.

Hier’s die ding: Jou lewe is ’n direkte refleksie van die stemme waarna jy luister. Enige iemand wat jou oor het, het ’n invloed op jou.

Hoekom praat jy Afrikaans? Nie omdat jy kursus gedoen het nie, jy’t grootgeword in ’n huis waar mense om jou Afrikaans gepraat het. Teen 3 jarige ouderdom kon jy Afrikaans praat. Watter stemmebeïnvloed jou nog?

Kan jy tussendeur al die ander stemme, die stem van die Heilige Gees hoor?

As die Heilige Gees alles deursoek, aan jou wil openbaar, wys wat God vir jou wil gee op ’n Geestelike vlak inspraak wil gee, hoe veel tyd maak jy om te luister wat Hy wil sê?

Dalk voel jy, jy het nie die geestelike kapasiteit om regtig die Heilige Gees te hoor nie.
Jy het.
Jy al ooit in ’n situasie ingestap en iets binne jou het net gesê hier is iets nie reg nie en jy net omgedraai en weggeloop?
Jy het al ooit net geweet iets is fout met jou man / vrou / kinders. Hulle sê niks nie, alles lyk of dit o.k. is maar hier binne weet jy dat jy weet daar is fout?
Ons praat partymaal van ’n “gut feeling”. Dis geestelike kapasiteit.
Jy het dit, jy gebruik dit net nie.
Moenie dink dat jy nie geestelik is nie, jy is geestelik, jy oefen net nie genoeg nie.

Body builder vs maer ou...

Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.
(Heb 5:14)

Hou op om met mense te praat wat jy kan sien en begin met God praat wat jy nie kan sien nie.

Terug by video: Brother Franklin... 5jaar voor daai video was hy in ’n Koma gediagnoseer met terminale siekte, 2 maande gehad om te lewe. Here het vir hom gesê, jy gaan lewe. Hy’t opgestaan Here het hom gesond gemaak.
Ons kyk na video en wonder hoekom is hy so simpel?
Vir hom, is dit die Heilige Gees wat hom herinner aan die genade wat hy ontvang het, nou doen hy dinge wat dalk nie sin maak nie, binne-in is hy vol blydskap wat ander nooit sal kan verstaan nie. Maar hy en die Heilige Gees, hulle twee verstaan mekaar.

Heilige Gees wil so verhouding met jou he waar julle mekaar verstaan?

Eph 3:20 (MSG)
“God can do anything, you know--far more than you could ever imagine or guess or request in your wildest dreams! He does it not by pushing us around but by working within us, his Spirit deeply and gently within us.”

God wil deur jou lewe nog so Baie doen, Hy doen dit deur Sy Heilige Gees. Wil jy nie besluit maak om te begin luister nie.