Waag om gasvry te wees, eerder as agterdogtig
Op watter maniere veroorsaak agterdog dat jy minder gasvry is, veral teenoor vreemdelinge? Waar lê die balans tussen veilig wees en gasvry wees?
Gemeenskap kan gasvryheid verhoed:
Community often demands homogeneity, sameness, and clear boundaries as a precondition for that “family” feeling. In contrast to the secure sameness of the community, Bauman continues, “Strangers are unsafety incarnate and so they embody by proxy that insecurity which haunts your life. In a bizarre yet perverse way their presence is comforting, even reassuring: the diffuse and scattered fears, difficult to pinpoint and name, now have a tangible target to focus on, you know where the dangers reside and you need no longer take the blows of fate placidly. At long last, there is something you can do.” Bader-Saye, Scott. "Following Jesus in a Culture of Fear (The Christian Practice of Everyday Life)"
Hoe hanteer jy vreemdelinge in ons gemeente?
Om werklik gasvry te wees, moet ons die vermoë ontwikkel om verskille / diversiteit as 'n geskenk te sien. Dink aan die beeld van die Kerk as die liggaam van Christus (1 Kor. 12:17-20). Hoe help hierdie beeld jou om 'n plek te visiualiseer waar verskille bydra tot eenheid en harmonie?
Gasvryheid is intellektuele openheid: om die ander regtig as 'n geskenk te ontvang en oop te wees om hul storie te hoor of wysheid van hulle te ontvang. Is jy al ooit verras deur 'n vreemdeling se wysheid?
Karl Barth het graag gesê dat God se Woord aan die wêreld in Jesus is nie "Nee" nie, maar "Ja". Om werklik gasvry te wees in 'n wêreld vol vrees, sal on smoet leer om "ja" te sê waar ander vinnig "nee" sê. Dit sal beteken "ja" vir die vreemdeling wie se taal, gewoontes of wêreldbeeld vir ons vreemd is. Hoe laat dit jou voel?