NGK PE Nooitgedacht

Kwarantyn Kerk - Huisgeloof vir Woensdag, 1 Julie en Vrydag 3 Julie 2020
Geestelike samesyn en geloofsvorming vir kleiner groepe, gesinne en individue.
Locations & Times
NG Kerk Nooitgedacht, Port Elizabeth, South Africa
24 Brabant Rd, Port Elizabeth, 6025, South Africa
Tuesday 2:00 PM

Woensdag, 1 Julie
Kom tot rus in God se teenwoordigheid -
Doen die oefening soos hierbo.
Steek nou ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes: Matteus 10:40-42, Genesis 22:1-14 en Psalm 13

Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes?
Wat daag jou uit en wat gee jou hoop?
Hoe word jou lewe geraak?
Watter uitnodiging kom deur die Here na jou – om te wees of te doen?
Hoe word jy deur die Here uitgenooi om te verander?
Dink na -
In Matteus 10 is dit die afsluiting van Jesus se “groot sendingpreek”. Dit is opvallend dat die leef en doen nie onmiddelik gebeur nie, want dit moes en kon toe nog nie gebeur nie. Enersyds is hierdie preek nog nie klaar nie, want Jesus se eie sending is nog nie klaar nie. Die preek eindig met wat Jesus as opdragte verwoord; daarna word die twaalf apostels nou weer “dissipels” genoem. Andersyds is hierdie “begin” ‘n relatiewe begin, want self daarin gaan God ons voor. Hierdie sending is nooit ‘n selfstandige en onafhanklike sending naas Jesus se sending nie. Die bedoeling was nooit dat die kerk hierdie sending sou oorneem, voortsit of self dra nie, maar eerder dat ons daarby betrek, daarby ingeskakel en in pas daarmee gebring word om deel te hê aan God se voortgaande sending en bemoeienis met sy skepping. Jesus verwys in hierdie slotperikoop in besonder na God wanneer Hy sê “...ontvang Hom wat My gestuur het” in vers 40b.
Koningkrykstyd vestig ons aandag op Jesus se heerskappy en ons navolging van Jesus. Terwyl die dissipels vantevore moes hoor hoe hulle in Christus se Naam vervolg gaan word (10:18,22, 39), hoor hulle in Matteus 10:40 ses keer hoe hulle in sy Naam ook verwelkom gaan word. In verse 35 - 37 word bloedbande gerelativeer en in vers 40 maak nuwe geliefdes hulle deure en huise vir mekaar oop.
Praktiese aktiwiteit -
Gaan maak ‘n lys van al jou sterk punte. Julle kan dit ook as gesin doen en mekaar help, soms sien jy nie ‘n sterk punt raak nie wat iemand anders wel sien. Neem nou die lysie en skryf lang elke sterk punt hoe jy dit kan gebruik om God se koningkryk te eer en uit te brei.
Sluit af met die gebed van Franciskus van Assisi.
Here, maak my 'n instrument van U vrede.
Waar daar haat is, laat my liefde saai;
waar daar onreg is, vergifnis;
waar daar twyfel is, geloof;
waar daar wanhoop is, hoop;
waar daar duisternis is, lig;
waar daar droefheid is, vreugde.
O, Goddelike Meester, gee dat ek nie soseer sal soek
om getroos te word nie as om te troos;
om verstaan te word nie as om te verstaan;
om bemin te word nie as om lief te hê.
Want dit is deur te gee dat ons ontvang;
dit is deur te vergewe dat ons vergewe word;
en dit is deur te sterwe dat ons tot die Ewige Lewe gebore word.

Vrydag, 3 Julie
Kom tot rus in God se teenwoordigheid -
Doen die oefening soos hierbo.
Steek nou ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Lees die teksgedeeltes: Matteus 10:40-42 en Romeine 6:12-23

Die NG Kerk se Gestuurde Manifes beklemtoon dat ons vanuit ons wortels nuut moet dink oor hoe om vandag kerk te wees. Sending kan niks anders wees nie as ‘n heenwysing na en getuienis van wie God vir ons in Jesus Christus is. In die prioritisering van die navolging van Jesus ontvang dissipels nuwe familie, vriende, bande, verhoudings en gemeenskap.
Die geloofsgewoonte van gasvryheid kenmerk Jesus se volgelinge: dit behels die verwelkoming van mense en vreemdelinge in ons lewe. Jesus troos die dissipels teen die einde van sy sendingpreek met die belofte dat mense hulle op die weg sal ontvang, verwelkom, huisves en ondersteun. Die beoefening van gasvryheid, in die besonder teenoor mekaar in die gemeenskap, is ‘n integrale deel van hierdie sending.
In Romeine 6 roep Paulus die gemeente in Rome op om elke deel van hulle liggame in diens van God te stel, om heilig te leef. Die uiteinde van onverdeelde diens aan God is die ewige lewe.
Praktiese aktiwiteit -
Daar is baie verskillende kulture met verskillende tale in ons land asook in ons buurlande. Leer die woorde “God seë jou” in een van ons inheemse tale. As jy sukkel met die uitspraak vra iemand wat die taal praat om te help. So leer jy dalk iemand nuut ken. Hier is die frase in drie tale.
Ingase inkosi ikusikelele (Xhosa)
Ukulunkulu ukubusise (Zulu)
Mungu akubariki (Swahili)
Sluit af met die gebed van Franciskus van Assisi -