YouVersion Logo
Search Icon

Somerstrand Gemeente

Die Bron van Respek

Die Bron van Respek

God: die bron van respek

Locations & Times

Somerstrand Gemeente

77 Louis Botha, Port Elizabeth, 6001, South Africa

Sunday 5:00 PM

Stiltetyd 1
Lees Galasiërs 5:22-23 hierbo en fokus op liefde, die eerste vrug. Hoekom dink jy word dit eerste genoem?

Gee jouself ʼn punt uit 100 vir liefde. Wat kan jy vandag doen sodat daardie punt kan toeneem?

Jesus het liefde aan mense op die rand van die samelewing getoon: siekes, melaatses, ʼn weduwee. Kyk of jy nog kan byvoeg? Is daar een van hierdie mense in hierdie lysie aan wie jy vandag ook liefde kan betoon?

Beplan doelbewus om vandag vir elke lid van jou gesin op ʼn spesifieke manier te kommunikeer dat jy vir hulle lief is.
Stiltetyd 2

Fokus op vreugde. Gee jou diep innerlike geluk ʼn punt uit 100. Dink jy dit kan / moet verbeter?

Oordink Nehemia 8:10
“The joy of the Lord is my strength…”
"Moenie teneergedruk wees nie, want die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees.” (Nuwe Lewende vertaling)

Hoe lyk vreugdevolle mense se optrede teenoor hul medemens? Hoe lyk suurknolle se optrede teenoor hul medemens? Hoe was Jesus? Hoe wil jy wees?

Wat is die top tien redes tot vreugde in jou lewe? Spreek jou dank teenoor die Here uit.
Stiltetyd 3

Fokus op vrede en geduld. Wat is die verhouding tussen vrede en geduld?

As jy aan jou onlangse verlede terugdink, wanneer het jy jou geduld of vrede die maklikste verloor?

Hoe help vrede en geduld jou om respekvol teenoor ander op tree?

Beoefen vandag die dissipline om jou in ander se skoene te verplaas, veral iemand wat onvrede en ongeduld by jou wek, en kyk of dit jou gesindheid help verander.
Stiltetyd 4
Fokus op vriendelikheid. Wie ken jy wat dit die duidelikste demonstreer?

Wat verhinder jou om soos daardie persoon vriendelik op te tree? Dink jy dit sal “skynheilig” van jou wees om so te wees? Is dit dalk meer skynheilig om innerlike vriendelikheid te besit en uiterlik nors oor te kom?

Vra Jesus om jou vandag bekwaam te maak om vriendelik te wees teenoor almal wat jy teëkom – veral die mens wat jy gewoonlik as vanselfsprekend aanvaar, soos die tuinier, petroljoggie, sakpakker in die winkel.
Stiltetyd 5

Fokus op goedhartigheid en getrouheid. Dink na oor hoe hierdie twee waardes jou agting aan mense oordra.

Goedhartigheid en barmhartigheid is baie naby aan mekaar. Soek een manier hoe jy vandag barmhartigheid kan betoon aan “een van die geringstes onder ons”.

Kyk na jou maandelikse begroting (of hoe jy jou geld bestee). Toon dit dat goedheid en getrouheid belangrike waardes in jou lewe is? Is jy getrou in jou finansiële bydrae aan jou kerk of aan mense in nood? Lê dit aan die Here voor en kyk of sy Gees jou lei om dinge te verander.

Dink na oor die Here se getrouheid aan jou, en hoe dit vandag deur jou na ander kan vloei.
Stiltetyd 6

Fokus op nederigheid en selfbeheersing. Gee jouself ʼn punt uit 100 vir hierdie twee vrugte.

As hierdie twee beginsels 100% sou funksioneer in jou lewe, hoe sal dit jou optrede verander?

Lees Filippense 2:3 ʼn paar keer oor, en dink diep na oor wat die Here hierdeur vir jou wil sê: Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Kies iemand teenoor wie jy vandag só gaan optree.

Dink aan die verskillende terreine van menswees: liefdesverhouding, gesin, werk, sport, kerk, vriendekring, gemeenskap. Op watter terrein beoefen jy die minste selfbeheersing? Hoe kan die Here jou help om dit te verander? Vra dit van Hom.
hey
----- materiaal vir kleingroepe: -----

Vertel vir mekaar:
Watter persoon het jou selfbeeld gebou of jou sommer net geseën met sy/haar optrede?

Wanneer verloor mense hulle waarde in jou oë? Is respek iets wat jy verdien, of is dit net iets wat betoon word?

Hoe hanteer jy bedelaars op die straathoeke? Wat is jou siening oor die saak?

Lees nou Markus 10 hier onder:

1. Die reaksie van die mense om Jesus op Bartimeus se pogings om Jesus se aandag te trek, is heeltemal anders as Jesus s’n. Wat, dink julle, het deur die mense se koppe gegaan toe hulle met Bartimeus praat?

2. Jesus se optrede verklap dat Hy weet wat in Genesis 1: 26-31 staan. Lees dit weer deur, en dan probeer julle hierdie kennis van Jesus en sy optrede met Bartimeus logies verklaar.

3. Wat wou Jesus vir sy volgelinge leer met hierdie insident? Het hulle die les geleer? (Kyk gerus na Handelinge 3:1-10).

4. Wat wil Jesus vir my en jou wat in 2017 in Suid-Afrika woon, leer?