YouVersion Logo
Search Icon

Somerstrand Gemeente

Die effek van respek - Filippense 2:5-11

Die effek van respek - Filippense 2:5-11

Die effek van respek

Locations & Times

Somerstrand Gemeente

77 Louis Botha, Port Elizabeth, 6001, South Africa

Sunday 5:00 PM

Paul Meshanko het 'n boek geskrywe The Respect Effect (2013)

"It explains how each of our brains is profoundly influenced by how we’re treated by others. When we’re treated with respect, our brains literally light up and perform at their highest levels. When treated with disrespect, the higher thought processes in our brains go dormant. Hijacked by our primitive survival wiring, we become diminished assets to our employers and organizations. (Download the first two chapters here).

Hy gee twaalf reëls in sy boek om te wys hoe respek in die praktyk werk:
1.Be aware of your nonverbal and extra-verbal cues
2.Develop curiosity about the perspective of others
3.Assume that everybody is smart about something
4.Become a better listener by shaking your “but”
5.Look for opportunities to connect with and support others
6.When you disagree, explain why
7.Look for opportunities to grow, stretch and change
8.Learn to be wrong on occasion
9.Never hesitate to say you are sorry
10.Intentionally engage others in ways that build their self-esteem
11.Be respectful of time when making comments
12.Smile!

Die onderwerp is natuurlik nie nuut nie. Respek is iets wat regdeur die eeue ‘n belangrike deel van gemeenskappe uitmaak. Sonder respek sal ‘n samelewing dit immers nie maklik regkry om dit met mekaar uit te hou nie.

Daarom is dit iets wat ook in die Bybel aangespreek word. Soos bv. die gebod in Levitikus 19:32: “Uit eerbied vir jou God moet jy eerbied bewys aan oumense en hulle met respek behandel. Ek is die Here.” Trouens, daar staan eintlik dat jy moet staan in die teenwoordigheid van ‘n ouer persoon, soos die NET Bible dit tereg vertaal: “You must stand up in the presence of the aged, honor the presence of an elder, and fear your God. I am the LORD.”

Maar, wat nog meer belangrik is, is die feit dat respek vir mense gekoppel word aan jou respek, jou eerbied, jou hoë agting vir die Here self. Dit is omdat God vir ons so belangrik is dat ‘n mens ander mense met respek behandel.

En die rede waarom dit so belangrik is om hierdie vertrekpunt van respek raak te sien, is omdat dit die heel belangrikste motivering is vir ons om soos Hy respek te betoon.

Daarom fokus ons op Filippense 2:5-11
Die lied in Fil. 2:6-11 word in twee dele verdeel: in Christus Jesus se ontlediging of prysgawe (vers 6-8) en verhoging (vers 9-11). In beide gevalle word dit trapsgewys beskryf.
1. Jesus het Hom eerstens ontledig of prysgegee (kenosis) deur nie aan sy Goddelike gestalte (morphe) vas te klem nie,
2. tweedens die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word, en
3. derdens gehoorsaam te word met die dood aan die kruis.
Omgekeerd word die verhoging ook in drie stappe beskryf, en let op dit is telkens ‘n beskrywing van die respek waarmee Jesus vir sy selfontlediging of prysgawe bejeën word:
1. eerste plek as die verheffing tot die hoogste eer geskets,
2. tweedens as die verkryging van ’n Naam bo elke naam, en
3. derdens die kosmiese erkenning dat Hy Here is.
HOOFPUNTE VAN DIE PREEK

Jesus ontledig Homself en word deur God verhoog: Respek vir God se opdrag tot in die dood toe, verwerf vir Jesus respek vir ewig.

Paulus verklaar vir ons ten diepste wie God is. Dit is die manier waarop Hy wys dat Hy inderdaad God is.

Hoekom doen God dit?
* om te wys watter ontsaglike hoë waarde mense – elkeen van ons en elke mens op aarde – in sy oë het.
* om getrou te bly aan Homself - dat Hy eerder wil transformeer as termineer.

Dieselfde gesindheid van selfontlediging moet ook in ons wees. Dit wys die verhaal van die voetewas in Johannes 13 ons.

Voetewas is dus ’n praktiese metafoor waarmee ’n mens die boodskap van Filippense 2 deel van jou lewe kan maak.
* Ons moet soos God ander se voetewas om soos God eerder te gee as te ontvang, eerder ander se belange te dien as wat ons ons eie belange dien.
* Ons moet mense nie afskryf nie, maar aanmoedig om die lewe wat daar in Christus is, te omhels en Hom toe te laat om hulle lewens in lyn te kry met wat God in sy Woord vir ons leer.
ʼn Sosioloog vertel dat hy op ʼn vliegtuig langs ʼn FBI-agent beland het. Terwyl hulle gesels, vra hy hom uit oor wat hy as FBI-agent spesifiek doen. Hy antwoord dat hy ʼn onderhandelaar in gyselaarsituasies is. Op ʼn vraag wat hy doen wanneer hy op ʼn toneel kom waar iemand ander gyselaar hou, was die antwoord:
“Drie dinge: Eerstens beveilig ek die omgewing sodat daar nie inmenging van buite is nie. Tweedens vestig ek die nodig kommunikasiekanale.”
“Dit klink na ding wat ʼn agent soos jy sal doen. Maar wat is die derde ding?”
“Wat ek dan doen,” antwoord die FBI-agent, “is om na ʼn stil plek toe te gaan en daar ontwikkel dan diep in my binneste ʼn egte respek vir die persoon met wie ek gaan praat – die persoon wat besig om ander gyselaar te hou.”
“Dit klink nie soos iets wat ʼn FBI-agent sal doen nie! Hoekom doen jy dit?”
“Wel,” sê hy toe, “indien daardie persoon vir een oomblik voel dat ek hom nie respekteer nie, is dit die einde van enige poging om te onderhandel.”
KLEINGROEPE

· Deel met mekaar hoe dit met julle gaan. As daar nuwelinge in die groep is, stel julself voor, waar julle werk en hoe julle opset lyk.
· Wat is jou definisie van respek?
· Lees Filippense 2:5-11
· Die lied in Fil. 2:6-11 word in twee dele verdeel: in Christus Jesus se ontlediging of prysgawe (vers 6-8) en verhoging (vers 9-11). In beide gevalle word dit trapsgewys beskryf.
o Jesus het Hom eerstens ontledig of prysgegee (kenosis) deur nie aan sy Goddelike gestalte (morphe) vas te klem nie,
o tweedens die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word, en
o derdens gehoorsaam te word met die dood aan die kruis.
· Omgekeerd word die verhoging ook in drie stappe beskryf, en let op dit is telkens ‘n beskrywing van die respek waarmee Jesus vir sy selfontlediging of prysgawe bejeën word:
o eerste plek as die verheffing tot die hoogste eer geskets,
o tweedens as die verkryging van ’n Naam bo elke naam, en
o derdens die kosmiese erkenning dat Hy Here is.
· Hoe verander dit jou definisie van respek?
· Gesels oor hoe julle as groep mekaar kan help om respek en liefde aan mense te betoon wat dit nodig het. Dink aan jou:
o Werksomgewing
o Gesinsopset
o Gemeente
o Mense in krisisse
o Mense wat jy in jou besige program teëkom
· Gesels oor ʼn spesifieke projek wat julle kan aanpak of ʼn projek van die gemeente waarby julle kan inskakel.
· Gee geleentheid vir stilgebed. Bely wat op jou hart is en bid dan vir spesifieke mense na wie daar uitgereik gaan word.
· Vir volgende keer:
o Dit is uiters belangrik dat groeplede gelyke status sal geniet binne die groep. Elke lid moet gelyke geleenthede hê om deel te neem, hetsy om menings te deel, bydraes te maak of besluite te neem. Anders begin ons met mekaar kompeteer. Oorweeg die volgende:
§ Ons kan dit regkry deur ons voor te neem om mekaar nie te onderbreek nie en mekaar toe te laat om ons eie stories ongehinderd te vertel.
§ Ons kan dit regkry deur mekaar gelyke tyd vir ons stories en bydraes te gee. Ons stel ons daarop in om nie meer tyd as die ander te vat nie. As ons ’n uur vir ons byeenkoms het en daar is 10 mense in die groep probeer ons om nie meer as ses minute in beslag te neem om ons eie storie te vertel of ’n bydrae te maak nie.
o As ons met mekaar begin wedywer deur mekaar te onderbreek, lei dit tot konflik en vyandigheid. Dit is wanneer ons interafhanklik werk deur almal ’n geleentheid te gee dat ons die verste in ons gemeenskaplike doelwit – om na mekaar te luister en van mekaar te leer – sal kom. Só skep ons volhoubare vriendskappe.
o Die waarde hiervan is dat ons doelbewus aan mekaar kommunikeer dat ons mekaar as mense raaksien en nie bo-oor of namens ander praat nie. Só respekteer ons mekaar in die groep.
hey