Agapé Gemeente

Die rede vir alles...
Wat is daardie groot vrae in die lewe? Daardie vrae wat, wanneer ek die antwoorde ken, bepaal hoe ek die lewe sien en hoe die lewe my behandel.
Locations & Times
Agapé Gemeente
54 Rose Ave, Bloemfontein, 9301, South Africa
Sunday 9:00 AM
Ons noem hulle fundamentele vrae: Hoekom is ek hier op aarde? Waar kom ek vandaan? Het ek waarde en wat is ek werd? Het ek ‘n doel?
Afkondiging: Help om Sy liefde grond toe te bring...
Bank: Standard bank
Rek naam: Agapé Gemeente
Tak: 055034
Rek nr: 041 111 389
Rek naam: Agapé Gemeente
Tak: 055034
Rek nr: 041 111 389
Wat sê die ateïste?
Hoekom is ek hier?
Wel, Indien die Here nie bestaan nie,beteken dit dat lewe as gevolg van een of ander natuurlike, onpersoonlike, onintelligente en doellose proses ontstaan het.
Lewe was net ‘n ongeluk en so ook ek en jy. Indien die lewe net een groot ongeluk is, is daar dus geen doel agter dit nie.
Dit maak alles in en om ons betekenisloos. Sonder ‘n Skepper in die begin, was daar niemand wat vir jou en my ‘n doel gegee het nie en dit aktiveer weer die volgende vraag:
Wat is ek werd?
Alle waarde word bepaal deur die waarde wat iemand anders daaraan heg - Iemand wat die finale sê oor ons waarde het.
Sonder ‘n God is ons waarde slegs gelyk aan iemand se mening en niks meer nie...

Erken Hom en alles verander
As daar ‘n God is, was daar ‘n besluit... As daar ‘n besluit was, was daar waarde... As daar waarde was, is daar ‘n doel.
Met ‘n Persoon en ‘n doel agter ons, is ons bestaan nie meer net ‘n ongeluk nie, maar ons lewens kry skielik waarde, doelwitte en ‘n betekenisvolle rigting.

Is daar 'n doel met alles?
Wat is die hoof doel van die heelal?
Die hoof doel is om die heerlikheid van die Here te manifesteer.
Die rede agter alles is dat die Here dit vir Sy heerlikheid gedoen het. Sonder Sy heerlikheid sou daar niks gewees het nie!

Wat is die heerlikheid van die Here?
Dit is wie Hy is. Dit is die DNA van Sy natuur:
= Die gewig van Sy belangrikheid...
= Die glans van Sy glorie...
= Die demonstrasie van Sy krag...
= Die atmosfeer van Sy teenwoordigheid...
Die heerlikheid van die Here is ‘n uitdrukking van Sy goedheid, asook al Sy ander kwaliteite waaroor ons nie vandag kan praat nie.

Waar is die heerlikheid van die Here?
Kyk net rond, alles om ons is geskep om Sy heerlikheid op een of ander manier te weerspieël.
Van die kleinste mikro-organismes tot die melkweg, van sonsondergange tot sterre, storms en seisoene - in alles sien ons Sy vingerafdruk.
Die natuur leer ons dat die Here kragtig is, ons sien dat Hy verskeidenheid geniet en Hy het ‘n oog vir alles wat mooi is. Hy is georganiseerd, wys en kreatief.

Waar sien ons Sy heerlikheid?
Hy het dit die eerste keer in die Tuin van Eden geopenbaar. Daarna aan Moses in die brandende bos, toe in die Tabernakel.
In die Nuwe Testament wys Hy dit vir ons deur Jesus en nou deur die kerk.
Sy heerlikheid het in ‘n verterende vuur gemanifesteer, in ‘n wolk, rook en ‘n verblindende glans. In die hemel gaan Sy heerlikheid al die lig gee...

Wat is ons verantwoordelikheid teenoor Sy heerlikheid?
Die heerlikheid van die Here is Syne en ons kan niks by dit byvoeg nie. Dit is soos om die son te probeer verhelder...
Ons opdrag is om Sy Heerlikheid te erken, dit te eer, te proklameer, te prys, te reflekteer en te lewe.
Hoekom?
Want die Here verdien dit! Ons is dit aan Hom verskuldig om alle eer wat ons moontlik kan, aan Hom te gee.

Het daar iets skeef geloop?

Wat het gebeur?
In die hele skepping was daar net twee spesies wat nie daarin geslaag het om die ware heerlikheid van die Here te weerspieël nie:
Gevalle engele (demone) en die mens.
Sonde is – om nie daarin te slaag om die heerlikheid van die Here te weerspieël nie.
Ons verloor daardie vermoë wanneer ons enige iets anders meer begeer as Hom.
Die hart van hoogmoed en rebellie is om te weier om die eer aan die Here te gee. Dit het Lucifer uit die hemel laat val en hy het Adam versoek om dieselfde te doen, wat die mensdom tot ‘n val gebring het.

Wat is die grootste prestasie wat ons kan bereik?
Om vir die eer van die Here te lewe, is ons grootste prestasie ooit.

Hoe kan ek Hom eer?

Is daar "'n beste manier" om te eer?
Jesus het die Vader geëer, deur Sy doel op aarde te vervul.
Wanneer enige iets of iemand op aarde sy doel leef, bring dit eer aan die Here.
Die heerlikheid van die Here is wanneer ‘n mens voluit vir Hom leef! (St. Irenaeus)

Ons bring eer wanneer ons aanbid

Hy nooi ons uit om Sy teenwoordigheid te geniet
Wanneer die Here aan ons ‘n opdrag gee om Hom te verheerlik, is dit ‘n uitnodiging om Sy heerlikheid te geniet.
Die Here word die meeste geëer wanneer ons volkome vervuld is in Hom.
Aanbidding is ‘n leefstyl waarin ons Hom geniet, lief het en onsself gee om Sy doel vir ons lewens uit te leef.

Ons eer Hom wanneer ons ander mense lief het

Wanneer laas het jy 'n vreemdeling bederf?
Om Jesus te volg is nie net ‘n saak van geloof nie, dit is ook ‘n saak van behoort.
Dit is ons verantwoordelikheid om te leer of lief te hê – soos wat God liefhet.
Ons eer Hom wanneer ons soos Christus word

Like Father - like son...
Die Vader se grootste liefdestaal is Sy begeerte dat ons geestelik volwasse sal word en die teiken van geestelike volwassenheid is om soos Jesus te word.
Ons eer Hom deur ons gawes te saai

Saai jouself...
Ons eer Hom wanneer ons ander van Hom vertel

Gaan vertel...
Wanneer ons die waarheid ken, verwag die Here van ons om vir andere daarvan te vertel. Saam met waarheid kom daar altyd ‘n verantwoordelikheid.