Dinamus Gemeenskapskerk
Wees Optimisties
Reeks: Bly Positief #1
Locations & Times
Dinamus Gemeenskapsentrum
Industria St, Tzaneen, 0850, South Africa
Sunday 9:00 AM
INLEIDING:
+ Ek is opgewonde oor hierdie reeks - ek het dit nodig!
+ Daar is 'n epidemie van negatiwiteit.
+ Lees voor die vakansie 'n blog oor die nuutste afgod wat mense aanbid: Vrees! (en een van die bewyse dat mense dit aanbid is negatiwiteit)
+ Ons is so geneig om vir onsself te sê:
- Ek het nie wat dit vat nie.
- My lewe stink.
- Dinge raak net al erger.
+ Of oor die wêreld waarin ons leef:
- Die ekonomie is in die drein af.
- Gesinne val uit mekaar.
- Die onderwyssisteem is kas toe.
- Kerke sterf uit.
+ Die realiteit is, daar is baie fout in die wêreld en as gelowiges gaan ons dit nie ontken nie!
+ Die realiteit is ook: Hier in Tzaneen en regoor die wêreld doen God amazing dinge!
+ Dis die verskil tussen twee soorte voëls (dis tot in hulle name):
- Die "Bromvoël" - Hy vlieg rond en soek dooie goed.
- Die "Suikerbekkie" - Hy vlieg rond en soek soet goed.
"Wie die goeie nastreef, kan goedkeuring verwag;
wie op die kwaad uit is, kry dit". - Spreuke 11:27
+ Ons gaan 5 weke spandeer aan die reeks: "Bly Positief"
- Volgende week: Bemoedig
- Week 3: Wees Dankbaar
- Week 4: Wees Entoesiasties
- Week 5: Wees Vol Selfvertroue
+ Vandag: Wees Optimisties

WEES OPTIMISTIES!!!
+ Ek is Optimisties!
+ Die Optimis: My beker loop oor - God seën my!
+ Die Pessimis: My beker loop oor - Dit gaan 'n gemors maak!
+ Die snaakse ding is, sommige hier het klaar besluit jy hou nie van hierdie reeks nie. Of die musiek was vanoggend te hard, te stadig, te vinnig, te min nuwe liedjies, te min ou liedjies.
+ Of hierdie "Positiewe denke"-ding is New Age voel goed prediking.
+ En dit alles voor jy jouself en ons kans gegee het!
+ Feit is:

8 REDES HOEKOM EK OPTIMISTIES IS UIT ROMEINE 8
1) MY SONDES IS VERGEWE EN MY EWIGHEID IS VERSEKER.
"1Vir hulle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem. 2Die lewegewende Gees is so magtig dat Hy jou deur Christus Jesus bevry het van die greep van die sonde wat uitloop op die dood". - Romeine 8:1-2
- Indien jy in Christus is, indien jy Hom as Verlosser ken - Is jy vergewe!
- En jy is van baie vergewe en die vergifnis is absoluut (ooste na die weste).
- Ek is Optimisties: My sonde is vergewe en my ewigheid is verseker!
2) JESUS IS AAN DIE REGTERHAND VAN GOD EN BID VIR MY.
"Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus is tog die Een wat vir ons gesterf het, wat boonop ook opgestaan het, wat op die ereplek langs God sit en wat daar vir ons pleit". - Romeine 8:34
- Dr/Ds Johann, hy bid vir my!
- Beter nuus: Jesus, die Seun van God, wat langs God sit, tree vir jou in!
3) MY TOEKOMSTIGE OORWINNING IS GROTER AS MY HUIDIGE PYN.
"Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie". - Romeine 8:18
- Jakobus - "Ek ag dit 'n vreugde as ek deur moeilike tye gaan"
- Sy rede: Dit toets ons geloof en bring volharding en volwassenheid!
- Paulus sê taai tye sal daar wees, maar dit kan nie opweeg teen die heerlikheid van God wat vir ons wag nie!
4) MY GEDAGTES IS GEVUL MET GOD SE VREDE.
"As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede". Romeine 8:6
- God se vrede oortref menslike logika of verstaan (Fil 4:6-7).
- As jy sê: "Ek is nie een vir vlieg nie", wat van jy leer om een te wees wat goed vlieg?
5) AS GOD VIR MY IS, WIE KAN TEEN MY WEES?
"31...As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees?...33Wie sal dit waag om ons aan te kla as God ons spesiaal uitgekies het? ". - Romeine 8:31-33
- Dit gebeur dikwels dat iemand nie van jou hou nie, dan skiet hulle jou af of kritiseer jou.
- Indien God vir jou is, in jou hoek is, wat maak dit saak?!
- My pa was Bankbestuurder, wanneer ek daar was ek ek saam met die baas, wat het enige een wat daar werk dan op my?
- Onthou Jeremia 29:11-13 of Psalm 23?!?
6) GOD SE GEES HELP MY IN MY SWAKHEID.
"24...as jy iets reeds het, hoef jy nie meer daarna uit te sien nie. 25Maar as jy dit nog nie het nie, sien jy gretig en volhardend daarna uit. 26Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid (swakheid)". - Romeine 8:24-26
- Af? - Hy hou jou op!
- In pyn? - Hy vertroos!
- Alleen? - Hy is by jou!
- Swak? - Hy is jou krag!
- Ek is optimisties, want as ek 'n slegte dag het, help God my daardeur!
7) GOD LAAT ALLES TEN GOEDE MEEWERK IN MY LEWE.
"En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe". - Romeine 8:28
- Wat die duiwel tot jou skade beplan, gebruik God ten goede!
- Pa stuur my weermag toe, in plaas van Universiteit toe vir Siviele Ingeneurswese, en nou is daar 'n Charmaine en 'n Dinamus.
8) NIKS KAN MY SKEI VAN DIE LIEFDE VAN GOD NIE.
"38Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. 39Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie". - Romeine 8:38-39
- Maak nie saak waar ek gaan - God is daar by my!
- Maak nie saak wat ek doen - God bly lief vir my!
- Maak nie saak wat met my gebeur - God is vir my!

SLOT
+ Ek is optimisties, nie op grond van wat ek voel of wat ek sien nie, maar op grond van wat God sê!
+ En Hy sê:
- My sondes is vergewe
- My God is vir my
- Jesus bid vir my
- Sy Gees help my in my swakheid
- My huidige pyn is niks teen wat wag
- God laat als ten goede werk
- My gedagtes is gevul met Sy vrede
- Niks kan my skei van Sy liefde
+ Wil jy hê God moet jou help om meer optimisties te wees?
+ Vat Hom op Sy Woord!
+ Wanneer die wêreld om jou negatief praat sê: Ja,dinge lyk sleg, maar met God aan my kant, lyk dinge altyd goed!
+ Wanneer almal om jou soos Bromvoëls maak en dooie goed soek, wees jy die Suikerbekkie en soek na die soet goed.
+ Onthou: "God is goed, die hele tyd" EN "Die hele tyd, is God goed!"