NG Kempton-Hoogland

Pinkster 2020: Woensdag 27 Mei 2020
'n Vol lewe in die volheid van die Gees: Prediker: Ds Theo Janse van Rensburg. Rom 8:26: Die Heilige Gees pleit vir ons!
Locations & Times
NG Kempton-Hoogland
85 De Wiekus Rd, Van Riebeeck Park, Kempton Park, 1629, South Africa
Tuesday 9:00 AM
Kyk na hierdie boodskap op YouTube
Besoek gerus ons gemeente se YouTube kanaal.
https://www.youtube.com/channel/UCWPqD-Oey-oZBiYVrCKfUnADindag 26 05 2020 Welkom by ons Pinksterreeks met die tema: ‘n Vol lewe in die volheid van die Heilige Gees.
Vandag se Tema is: Die Heilige Gees pleit vir ons.
Gebed: Hemelse Vader. Ons aanbid U as die ewige en almagtige Vader wat vir ons nuwe lewe kom gee het deur die offer van Jesus Christus aan die kruis en deur U Heilige Gees wat ook ons lewens kom nuut maak het. Here, versterk ons geloof deur U Woord en Gees sodat ons U met groter toewyding kan volg en dien. Bereik U doel met elkeen van ons asseblief.ons bid dit in Jesus se Naam. Amen.
Hoe vaar jy as Christen?
Voel jy jy doen OK? Hoe raak al die goed wat gebeur jou lewe en jou geloof? Dink jy ja sal kan vasbyt tot die einde? Dink bietjie hieroor
..
Uit Romeine 8 is daar ‘n paar dinge wat ons weet!
Ons weet:Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. v1
Ons weet: Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. v2
Ons weet : As jy jou besig hou met die dinge van die Gees,bring dit lewe en vrede. v6
Ons weet: Omdat Christus in ons is, gee die Gees aan ons die lewe op grond van God se vryspraak. v10
Ons weet: Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in ons woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook ons sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in ons woon. v 11
Ons weet:Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God. v 14
Ons weet: Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. v16
Ons weet dat niks of niemand ons ooit sal kan skei van die Liefde van God wat daar is in Christus ons Here nie. v 39.
En al weet ons dit, beleef ons dikwels dat ons maar swaar kry en sukkel om die geloofspad te loop.
• Ons voel baie keer soos ‘n mislukking as Christen, vol twyfel, swakheid en onsekerheid. Ons is dikwels oorweldig deur alles wat rondom ons gebeur en die mensdom tref, soos onder andere Covid19.
• Baie keer dink ons: Ek maak so droog, my gedrag pas nie by Christene nie. Ek is nie eers werd om God se kind te wees nie. Ons voel swak in ons geloof, ons toewyding en ons volharding.
• Ons wonder partymaal: Is daar nog ‘n God? Waar is God? Wanneer hoor Hy en help Hy? Wat is Sy plan vir my, my gesin , die wêreld?
Dan begin ons te wonder: Help dit nog om te glo en te bid?
Ons weet nie meer wat om te glo nie. Ons weet nie meer wat om te verwag nie. Ons weet nie meer wat om te bid nie. How bid ek volgens die Vader se wi. Party van ons sê doodgewoon: ek kan nie meer bid nie! Ek wil nie meer bid nie.EOf nog erger: “ ek het opgehou om te bid!!” As ek nie bid nie kan ek nie telleurgestel word nie! hoe voel jy? Waar is jy?
Die Here kom sê vir ons in Romeine:
Ontspan, hou moed! Ek weet wat aangaan. Dis nie net jy wat so sukkel en swaarkry nie.
22 Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting. 23 En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry. Paulus sê dat die skepping sug, dat ons almal, hy ingesluit, saam sug. Dis ’n sug van moedeloosheid oor al die vreeslikhee in die lewe, maar dis ook ’s sug van afwagting dat God voor almal sal openbaar wie Sy kinders is.
Maar dis nie al wie sug nie:
Die Heilige Gees sug ook!
Rom 8:26 stel dit so treffend duidelik:
Rom 8:26 Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. 27 En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. 28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.
Die Here kom sê vir ons: Hou moed. Ek is die God wat harte deurgrond, wat jou lewe deurgrond. Ek is jou Pa. Jy is my kind. Ek ken jou. Ek weet hoe benoud hierdie lewe jou maak. Omdat jy My kind is het ek beluit om met my Heilige Gees in jou te kom woon. Om presies te weet hoe jy voel en wat jy beleef en wat jy nodig het. Om jou in al jou swakheid by te staan en hoe Ek as jou vader jou op die heel beste manier kan help. Want Jy is My kind… Ek is jou Pa. Ek het jou baie lief.
Wat doen God hier? God laat Sy Gees in jou kom woon: Om jou in al jou swakheid by te staan en om vir jou te pleit by die Vader wanneer jy nie meer weet wat om te bid nie, of nie meer lus is om te bid nie, of bang is om te bid of selfs opgehou het om te bid. Want die Here wil hê dat dit moet goedgaan met jou. Rom 8:28 sê vir ons “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet,dié wat volgens sy besluit geroep is.”
So, Paulus sê vir ons eintlik vir ons:
God verstaan ons lewe, ons geloof en ons twyfel: Daarom het Hy Sy Seun en HG gegee.
Jesus verstaan ons menswees. Hy huil saam met Martha en Maria oor Lasarus. Joh 11:35
Jesus verstaan ons onsekerheid en kleingeloof: Hy genees die seun van die pa wat gesê het: “Ek glo,” roep die seun se pa dadelik uit. “Help my in my ongeloof.”
Die Heilige Gees verstaan ons. Hy woon in ons, Hy help ons in ons swakheid en Hy pleit vir ons met onuitspreeklike versugtinge.
Ons word toegevou in ‘n kombers van Godelike gebed. Aan die een kant:Rom 8:34. Sê dat Jesus vir ons pleit aan die regterhand v d Vader. Aan die ander kant:Die Heilige Gees wat hier in ons woon en ons elkeen deur en deur ken, pleit vir ons met onuitspreeklike versugtinge. Jy kan verseker wees dat jou naam en jou saak elke dag voor die Vader se troon genoem en bepleit word.
Kom ons dank ons Vader vir Sy groot liefde en Sy wonderlike omvattende sorg.Bid hierdie gebed persoonlik vir jouself.
Here, dankie dat U my Vader, my Pa is en dat ek U kind is. U weet van al my swakhede en my sukkel. U weet wat ek dink en voel en wat ek nodig het. U weet hoe dikwels ek nie meer weet wat om te bid nie.
Heilige Gees wat in my woon. Dankie dat U presies weet wat in my lewe aangaan. Dat U Self vir my by die Vader intree en vir my pleit met versugtinge wat nie in woorde gesê kan word nie. Dat U volgens die Vader se wil vir my bid. Here dit gee my moed en krag en hoop. Help my om ‘n vol lewe te leef in die volheid van U Heilige Gees.
Heilige Gees van God, Here, tree asseblief in en pleit asseblief by die Vader vir elkeen wat moeg en moedeloos geraak het om te bid, te bang is om te bid en opgehou het om te bid. Kom met U liefde, U voheid en U krag in kom maak elkeen van ons se lewens nuut soos u dit bedoel het om te wees. Ons bid so in Jesus se Naam Amen.

Offergawes
Klik op die skakel hieronder deur SnapScan 'n bydrae te lewer. Die skakel sal die SnapScan toep oopmaak op jou slimfoon. Indien die toep nog nie op jou slimfoon is nie, sal jy gevra word om SnapScan te installeer. Volg dan die instruksies.Baie dankie!
https://pos.snapscan.io/qr/PXMP7844Pinkster 2020
Reekstema: ’n Vol lewe in die volheid van die Gees
Vandag se tema is: die Heilige Gees bevestig ons identiteit.
Teks: Romeine 8:1-17
Die vraag is: Waarom is identiteit so belangrik?
Identiteit definieer ons menswees:
Jou identiteit het ’n geskiedenis en konnekteer jou met daardie geskiedenis. Dink aan jou biologiese familie en die ryk geskiedenis wat dit verteenwoordig, en wat jy ontvang as ’n geskenk. So word jou identiteit as christen ook bepaal: deur die ryk geskiedenis wat God met die mensdom geskryf het en waarvan jy deel is. Jesus het selfs hierdie geskiedenis en ons identiteit kom herskryf.
Jou identiteit gee vir jou ’n gevoel van eiewaarde. My lewe het waarde omdat ek ’n identiteit het wat my identifiseer in die lewe: dit sê wie ek is, waarvoor ek staan, wat ek verteenwoordig, wat mense van my kan verwag. Hierdie identiteit word regdeur jou lewe gevorm. So ook in jou christelike lewe: jou lewe het waarde omdat jy aan God behoort en ’n lewe demonstreer van iemand wat Jesus navolg.
Jou identiteit gee ook vir jou sekuriteit. Ons sekuriteit is in onsself geleë: jy weet wie jy is en watter vermoëns en middele jy het om jouself veilig te hou. Maar hierdie sekuriteit kom ook van buite jouself: mense en sisteme wat jou lewe veilig maak. So ook as christen: ek het sekuriteit omdat ek aan Jesus behoort. En Jesus is die Heerser van die heelal wat alle magte wat my lewe beïnvloed op hulle plek sit - onder sy beheer. Daarom kan ek veilig voel.
Identiteit het alles te doen met my lewe as ’n volgeling van Jesus. Christenskap gaan oor 2 hoofsake: identiteit en leefstyl. My identiteit bepaal my leefstyl. Bv: as ek sê my identiteit is dat ek ’n volgeling van Jesus is, gaan ek leef soos ’n volgeling van Jesus. Hierdie twee fasette van christenwees kan nie geskei word nie.
So: identiteit definieer ons menswees. Ons durf nie roekeloos daarmee omgaan nie. Daarom: ons moet ons identiteit as christene voortdurend bevestig sodat ons gesond kan aanhou leef as volgelinge van Jesus. En die Heilige Gees help ons hiermee. Dit is ons tema: die Heilige Gees bevestig ons identiteit. Ons sit ’n paar lense daarop:
1) In die nuwe bedeling leef ons onder beheer van die Gees
Die ou bedeling beteken: ons leef onder die beheer van die sondige natuur. Die sondige natuur kan ’n skrikbewind in ons lewe voer: dit tiranniseer ons om niks anders as sonde te doen nie - dit is vyandskap teen God, wil nie en kan nie die wil van God doen nie. Die lewe is vol voorbeelde van so ’n leefstyl en die effek daarvan is duidelik: mense wie se lewe verword het tot die teendeel van wat dit kan wees. Dit is ’n oorsprong van baie ellende in ons wêreld. So ’n lewe eindig in die (ewige)dood. Dit is nie waar ons wil wees nie.
Maar: Jesus bring ’n nuwe bedeling en die Heilige Gees laat ons leef in hierdie newe bedeling: ons lewe onder beheer van die Heilige Gees. Nou lyk my lewe anders: die Heilige Gees bepaal my denke en gedrag. Die effek daarvan is dat ek met gesonde dinge besig is - Romeine praat van die dinge van die Gees, dinge wat God se wil verteenwoordig en lewe bring.
Dink aan een voorbeeld van hierdie soort lewe: die vrug van die Gees (Galasiërs 5:22): liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Jy kry die hele vrug - al 9 eienskappe definieer nou jou lewe. Die effek is: jy is ‘n aangename liefdesmens wat ‘n positiewe klimaat skep (gesindheid & optrede) sodat mense in harmonie saamleef. Dit is ons christene se nuwe gesig – so is ons tot seën vir ons wêreld. En dit alles omdat ons ’n definitiewe identiteit het.
2) In die nuwe bedeling beseël die Heilige Gees ons as die eiendom van God
Ef 1:13 sê dat die Heilige Gees ons beseël as die eiendom van God. Beseël beteken: die Gees bevestig ons as mense wat aan God behoort. In die antieke tyd het mense ‘n seël, of ‘n merk, gebruik om te bevestig dat dokumente eg is. Hierdie seël is soms as ‘n ring aan die vinger gedra, of aan ‘n bandjie om die nek - want dit is ’n baie kosbare besitting. Warm was is op ‘n dokument gedrup waarop die seël dan afgedruk is. Hierdie seël het aangedui wie die eienaar is en dat die eienaar instaan vir die egtheid daarvan. Ons kan dink aan ‘n meer moderne beeld: die boer wat sy skape merk om te sê dat hulle sy eiendom is en dat Hy vir hulle sal sorg. So merk die Gees ons as mense wat aan God behoort. Hierdie behoort beteken dat Hy lief is vir ons ons aanvaar as sy verantwoordelikheid en daarom vir ons sal sorg. Die effek hiervan op ons lewe is dat ons sekuriteit het: ons weet wie ons is, aan wie ons behoort en wie vir ons sal sorg.
Hier is die uitnodiging vir ons: dink konkreet en prakties hieroor - elke keer as die lewe jou rond stamp, of mense jou integriteit as christen bevraagteken, of jy versoek word om kompromieë as christen aan te gaan, bevestig die Gees aan jou: Jy behoort aan God, Hy is aan jou kant, jy is veilig. Die effek is dat ons seker is van ons identiteit. Ons behoort regtig aan God - Hy is ons God, ons is sy mense. Niks en niemand kan dit weerspreek nie. Ons het selfvertroue en ‘n gevoel van eie waarde as God se mense. Die effek is ons leef soos mense wat seker is van ons identiteit. Ons is nie soos golwe wat deur die wind rondgestoot word nie, ons is nie soos tolbossies wat deur die wind verstrooi word nie. Ons is geanker in ons identiteit soos ‘n vuurtoring wat op ‘n rots geanker is.
3) In die nuwe bedeling woon die Gees in ons (vs 9)
Anders gesê: die Gees maak ons God se adres op aarde. Dit het ingrypende betekenis: as mense wonder waar God op hierdie aarde is, kan hulle net na ons christene kyk. Waar ons is, is God. En ons verteenwoordig ’n soort lewe wat God aan mense bekend stel. Die implikasie is ook ingrypend:
Lewe soos iemand wie se identiteit bevestig is: ek behoort aan Jesus Christus en die Heilige Gees woon in my. Ek hoef nie onseker of skaam te wees oor my identiteit nie.
En: leef soos iemand in wie die Heilige Gees woon. Dit is iemand wat ’n bepaalde lewe verteenwoordig en demonstreer: God se liefde en genade en waardes.
4) In die nuwe bedeling bevestig die Heilige Gees ons kindskap
Die Heilige Gees wat in ons woon, laat ons ’n bepaalde taal praat: Abbataal. Vs 15: ... die Gees ontvang wat julle tot kinders van God Die Gees werk op 2 maniere met ons:
Die Gees maak ons tot kinders van God. So bevestig Hy ons identiteit. Hy gee vir ons die sekerheid dat ons identiteit vasstaan. Kinders is ’n familieterm. Dit beklemtoon: ons is God se familie, ons behoort aan Hom, Hy aanvaar verantwoordelikheid vir ons en sorg vir ons. Abba is ook ’n sagte woord: iets soos pappa, of selfs pappie. Dit getuig van teerheid en intimiteit. So is ons verhouding met ons hemelse Pa.
Dit beteken ook dat ons familietrekke moet vertoon: Ons aard na ons Hemelse Vader. Ons dink soos Hy. Ons tree op soos Hy. Konkreet: Ons skep ruimtes van lewe en veiligheid - ons leef in liefde, ons sorg, ons beskerm.
Verder getuig die Gees saam met ons dat ons kinders van God is. Getuig beteken dat die Gees die waarheid bevestig: ons is ongetwyfeld kinders van God. Soms moet ons onsself herinner aan ons identiteit. Dit mag gebeur dat die lewe ons hieraan laat twyfel en ons versekering nodig het. Die Gees gee hierdie sekerheid. Dit mag ook wees dat die wêreld ons identiteit bevraagteken. En dan bevestig die Gees aan ons wat ons identiteit is sodat ons met oortuiging daaruit kan lewe. Ons hoef nooi verleë of skaam te staan oor die feit dat ons identiteit vasstaan nie: ons is God se mense.
Ons sluit af met ’n bevestiging en ’n uitnodiging:
Bevestiging: die Heilige Gees bevestig jou identiteit - jy is ’n kind van God en God se adres op aarde. Dink aan maniere waarop jy helderder hierdie boodskap van die Gees hoor en onthou.
Uitnodiging: leef met vrymoedigheid en sekerheid as kind van God. Dink aan geleenthede en maniere hoe jy met groter vrymoedigheid jou identiteit as kind van God kan uitleef.
Neels du Randt
durandt.neels@gmail.com
082 561 1813