Agape Gemeente Potchefstroom

HET JY TYD VIR GOD?
ONS HET AFGESKOP VERLEDE SONDAG OM DIE FONDAMENT VAN ONS GELOOF REG TE LÊ.DEUR TE KYK NA DIE ATTRIBUTE VAN GOD. NOU KOMENDE SONDAG BOU ONS VERDER DAAROP
Locations & Times
Agape Gemeente Potchefstroom
194 Beyers Naude Ave, Potchefstroom, 2520, South Africa
Sunday 9:00 PM

Ons bevind ons in ’n tyd waarin God redelik populêr is, of dan die Woord God.
Ek dink nie daar was ’n tyd wat die Naam van God al ooit so baie genoem was nie, gepredik was en gevloek was nie. Daar is byna geen program film of reeks en ook kinder prente waar in God nie gelaster word nie.
Mense Vloek God en so ook vir Christus, dan is daardie verkortings OMG. en Jeewizz of OT ag u kan di maar opnoem. Dit is iets wat algemeen aanvaar geword het.
God is populêr, want mense maak geld uit God en gebruik Hom om boeke en films te verkoop, DVD’s, CD's, daar is hierdie aanvaarding byna van almal dat daar ’n God is, ek dink so 13% van die wêreld is ateïste.
God wek baie beelde op en wonder ek hoe sou u God geteken het
Vir party mense is God, ’n persoon wat op ’n stoel of troon sit, vir ander is dit ’n God in die Hemel, God van Liefde, vir ander is dit ’n God wat genesing en God van oordeel. Vir ander is dit die ou man daarbo. Vir verskillende mense het God ’n ander betekenis en verskil die beeld wat ons in ons gedagtes het.
Dink maar in die verlede was gode aanbid en vandag is dit mammon en Bacchus en ’n god wat ons nie regtig ken nie.
Hand 17:23
Vir Adam die Skepper God.
Noag die God wat uitred
Moses God wat verlos uitlei
Daniel God wat Leeus se monde stop
Maar wie is God vir jou? Is dit die God van die Bybel?
Eks 20:3
Eks 20:4
Eks 20:5
Daarom is ek van mening dat God is ’n God van Sy woord en Hy bedoel wat Hy sê. Ek dink nie, Hy het net vir ons verhale agtergelaat om ons ’n lekker of goeie tyd te gee hier op aarde nie, want dan waarvoor is daar dan ’n ewigheid om ’n na uit te sien.
So vir die reeks wil ek graag he dat ons net weer die regte fondasie reglê, dat ons net gaan seker maak ons weet wie God is? Ek dink soms vergeet ons soos die volk vergeet het en afgedwaal het ander gode aanbid het, so doen ons die selfde
Die Attribute Van God
Definisie van Attribute
Attribute is
Daar is egter verskillende tipes attribute, daar is die wat die mens aan God toeken, dan is daar die wat God aan Homself toeëien.
Daar is tog ook
Daar is ook dan die
Ill. “What comes into our minds when we think about God is the most important thing about us.”
― A.W. Tozer
Die Absolute Attribute van God
1. God is Gees
God is Gees, in Johannes 4:24 verklaar Jesus, Omdat God Gees is, moet ons die begrip hê dat Hy werklik is,
Omdat God Gees is, moet ons ook begrip hê, dat
Hy funksioneer ook buite die raamwerk van die wetenskap,
Hand 17:24
John Wesley
(Voel nou goed en dan weer sleg nie, word nie deur emosies gedryf nie).
Daar is die Een God, sou ons dit enigsins verkeerdelik interpreteer en bedink dat God deel is en/of deel
Joh 17:3
[ Dus omdat God Gees is, kan ons Hom net aanbid as Gees, omdat Hy nie ’n vorm het nie kan ons Hom nie aanbid as ’n voorwerp of beeld nie. Dit was duidelik teenstrydig met die outydse paganisme (die gedagte van afgodery of dat God in alles is, so ook in die skepping vasgevang) byvoorbeeld gedenknaalde, bome, klippe en
Dus kon God enige plek aanbid word nie net ’n spesifieke plek nie of omstandighede nie.]
(Ericson, Millard J. Christian Theology. P. 268
•“In our day, the Mormons maintain that not only God the Son, but also the Father has a physical body, although the Holy Spirit does not. Indeed, Mormonism contends that an immaterial body cannot exist.” (Ericson, Millard, p. 268)
Benny Hinn glo daar is nege.
2. God is Oneindig/Onbeperk
Die begrip
Dit word soos volg beskryf, geen perk, geen grens, onbeperkte krag, wysheid en goedheid.
Hy is ook
Daar is niks in die skepping wat God kan bind nie, niks kan Hom beperk nie,
Hy beweeg en is orals gelyktydig en beweeg buite selfs die beperkinge van tyd.
[Sy skepping is oneindig, die einde daarvan kan nie bepaal word nie. Nie eers die spesies op aarde is almal opgeteken nie, die dieptes van see kan nie bepaal en nagevors word nie, die hemelruim is onmeetbaar. Dit is God se oneindigheid in krag wat die aarde geskape het, Hy kon oneindige getalle aardes geskape het, niks beperk Hom nie. Dit is soos die vraag, kan God ’n te swaar klip skep wat Hy nie kan optel nie?]
Te mete aan die mens is ons beperk (Finite) Dit is moeilik vir die mens om te aanvaar.
Beweging: Ons kan nie beweeg soos ons wil nie, liggaam. Kan nie vlieg nie, kan onder water wees sonder suurstof nie, kan nie op waterloop nie, loop nie deur mure nie, kan nie wakker bly sonder beperkings nie, kan nie te swaar gewigte optel nie.
Tyd: Ons het ongeveer 70 jaar om te leef, tyd verloop vanaf gister, vandag en dan môre as ons gelukkig is. Ons dink in tydgleuwe en kronologies, het nie begrip van ewigheid nie.
Bestaanswyse: Kan nie onafhanklik bestaan nie, kan nie self voortplant nie, kan nie leef sonder voedsel of water nie. Ons word gebore om te verouder en te sterf, agteruitgang van die liggaam.
Persoonlikheid: Ons is beperk in die mate, dat ons persoonlikheid in ’n groot mate bepaal word, deur wie ons ouers is, ons DNA, wat reeds vasgelê is vir die toekoms.
Kennis: Beperkte kennis, ons verstandelike vermoë, ons IK intelligensie kwosiënt, redeneer oor ’n saak, na te vors en dan om kennis met die verloop van tyd in te win..
3. God is Ewig
Ewigheid is beskrywend van God, wat nie ’n begin of einde het nie, daar is nie ’n verlede, hede en ’n toekomstige tyd by God nie. Ook is daar nie ’n oorgaan tot ’n volgende tydvak nie en beleef God die volle geskiedenis as alles ‘NOU’. Hy is verhewe bo tyd. As illustrasie, veronderstel ons kan op die Noordpool sit op die punt, dan gaan ons gelyktydig in al die tye wat bekend is vir mens kan wees.
Die Boonste punt van die Noordpool
Hy is orals teenwoordig in Sy skepping, hemelruim en kosmos
Psalm 90:2
Psalm 102:27 Maar U bly dieselfde, en
[
Die Seun Jesus Christus is Ewig
Van die Rabies geleen, Hebr. Alef tot Tau
Maar iets wonderliks wat soos skatte verborge is, kan ons hier vind. wanneer die Hebr. Se letterא ת tau saamgevoeg word, is die woord “eth” en die Rabbi’s is met die verstane dat die woordjie
Ons dink aan die skepping
Die Heilige Gees is Ewig
Sou God nie ewig wees: sou Hy gediskwalifiseerd wees as God.
Het ontstaan uit iets anders of deur iets anders, ewe skielik net verskyn van niks af nie.
Van niks tot iets, van geen persoon tot persoon nie, die een vorm na ’n ander.
Sou nie soewerein gewees het nie, geen absolute besluitneming nie, geen almag, want het nie bestaan nie.
God is ewig 2Pe 3:8
Behalwe in Christus was God gekoppel aan tyd, ouer geword, lewensjare, beperkte beweging
4. God is Ontsaglik
Die Engelse woord verduidelik
1 Konings 8:27
[Die heelal word gedefinieer as alles wat fisies bestaan
’n Ligjaar is ’n afstandseenheid wat gelyk is aan net minder as
1 ligjaar =
9 460 730 472 580 800 meter (presies)
5 878 625 miljoen myl
63 241 astronomiese eenhede
0,306601 parsek
5.God is Onveranderlik
Die bekende koortjie wat lui, alles wissel maar Jesus nooit nie, is in hierdie geval die waarheid.
Die begrip dat God nie kan verander nie, nie in Sy wese, Sy doel of Sy selfbewustheid nie. Daar is die balans tussen Sy attribute en doel en Sy voorsienigheid is voldoende en genoegsaam te alle tye. Die een is nooit belangriker as die ander attribuut nie en die almal funksioneer in gelyke mate, daarom is God onveranderlik.
Hy kan ook nie iets anders absorbeer of transformeer nie, in Sy wese is Hy, die Ek is wat Ek is. Hy is,
Maleagi 3:6
Jakobus 1:17
[God is onveranderlik in Sy Wese, Sy attribute, Sy planne, Sy beloftes, Sy Oordele, die Voorwerp van Sy liefde.]
6. Perfek/Volmaak
Daar is niks aan God wat ontbreek nie, Hy is algenoegsaam, Sy attribute is voltooid, voldoende en volmaak
Mat 5:48
Die woord hier wat gebruik word vir volmaak is in die Grieks
Joh_19:30
TETELESTAI – GEWOONLIK BY A KONTRAK OF BEWYS VAN ONTVANGS - KWITANSIE
Ons sal later wel sien hoe daar sekere verwagtinge is van God vir die mens. Hy verwag dat ons volmaak sal wees of dan perfek.
Iets pas perfek, perfekte aflewering, perfekte telling of dit was ’n perfekte dis, wil nie iets verander of byvoeg nie. God se perfektheid hier is ook Sy verlange vir ons, hoe Hy self vir ons in staat stel om in volwassenheid toe te neem en sodoende meer gelykvormig te word aan Sy Seun se beeld.
Rom 8:29
Wie is God vir jou?
1. God is Gees
2. God is Oneindig/Onbeperk
3. God is Ewig
4. God is Ontsaglik
5.God is Onveranderlik
6. Perfek/Volmaak
Die Relatiewe Attribute van God
Die attribute is in essensie nie verskillend as die voorafgaande nie. Wat wel verskil is die wyse van interpretasie en dan uit watter oogpunt ons daarna kyk.
Terwyl ons dit nie ten volle kan begryp nie, wil ek tog verder bou daarop, want daar is soveel verskillende fasette van God wat ons nie kan pyl nie en dus kyk ons net vanaf ’n ander hoek na God.
Dit is amper soos ’n Rubix cube, net as jy dink jy het die regte kant beet, dan deur een draai verander die prentjie. Jy kan dalk so besig wees om God te leer ken, deur hoe Hy met jou te werk gaan.
Sommige is dalk besig met ’n namaaksel
Lyk soos God maar as jy daaran vat is dit te sag. Ongelukkig is party mense se God net so.
altyd liefdevol, kan alles aanvaar en maak nie saak wat jy doen nie, Hy sal altyd lyf wees vir jou.
Geen oordeel, geen straf geen verantwoordelikheid.
Waarsku en waarsku, maar dit bly immers jou keuse.
Ander het een wat lyk soos die regte maar kan glad nie draai of beweeg nie. Netso voel party dat God so riguut is dat Hy nie begrip het vir ons swakhede nie en het nie meegevoel nie en dat Hy te hard is op ons.
Ander lyk soos God, maar daar binne is dit alles behalwe en kan jy jou verbrand, sou dit die verkeerder lewensbron blyk te wees.
Attribute is
1. God is Alomteenwoordig (Omnipresence)
Hierdie begrip is byna universeel aanvaarbaar a.g.v. God se grootheid, dat Hy Alomteenwoordig is. Die stelling is aanvaarbaar omdat God onbeperk is en dat daar niks is wat Hy wil doen, wat Hy nie doen en uitvoer nie. Ons verstaan die attribuut omdat God oral is, is Hy ook daar waar Sy Skepping en Skepsels is en daarom dan ook die aanvaarding dat Hy is daar waar Sy kinders is. Alhoewel God orals is, is daar tog ’n verskil van die wyse en intimiteit hoe Hy homself openbaar aan die mens.
A.g.v. die attribuut dat “God Een is” Sy eenheid, verstaan ons dat God orals dieselfde is en teenwoordig is. Dit is die rede waarom die
Lees Jesaja 57:15, Jeremia 23:23-24 en ook Psalm 33:13
Jesaja 57:15
Jeremia 23:23
Jeremia 23:24
Het u gedink as God nie alomteenwoordig is nie en dat Hy nie in die besonder belangstel aan Sy kinders nie en nie naby hulle is nie.
Wanneer sou jy God gesien het ons is bykans 7 biljoen mense op die planeet aarde en indien jy elke sekonde kon gebruik sou jy 31,7 jaar gewag het voordat jy Jesus sou kon sien mits jy slegs een sekonde met Hom kon spandeer, dus is die kanse goed dat indien Christus nog geleef het op aarde jy Hom nooit sou ontmoet het nie? Biljoen minute sou gewees het 1902 jaar ±
Psalm 33:13
Hy is nie net ’n hulp in tye van nood nie,
Daar is geen plek waar sonde gepleeg word, waar God nie is nie!
Hy sien alles, alle dade, woorde, gesindhede, selfs ons motiewe en gedagtes is vir die Here bekend.
Omdat God alomteenwoordig is, sal Hy self as regter en getuie kan optree en nie as hoorsê nie.
2. God is Almagtig ( Omnipotence)
Die Almagtigheid van God is eie aan God, dit is ’n absolute attribuut met die in begrip name, dat God se wil presies uitgevoer word soos God dit ge-wil het.
Hy doen net soos Hy wil wanneer Hy wil en wat dit Hom plesier om te doen.
Daar is niks onmoontlik vir God nie, Hy word nie gebind nie, behalwe waar ons kan verstaan dat dit nie is dat Hy nie krag het nie,
Jeremia 32:17
Psalm 115:3
Daar is vele skrifverwysings wat die beklemtoon, dat God Almagtig is.
Juis om hierdie rede moet
Selfs al gaan ons deur ’n dal van doodskaduwee,
Mat 28:18
Openb. 19:6
NIKS WAT NIE ONDER SY GESAG IS NIE
3. God is Alwetend (Omniscience)
Dit is die een attribuut wat vir die mens ’n groot misterie inhou, aangesien ons
Hy weet alles wat te wete is en wat nodig is om te weet, daar is niks wat Hy nie weet nie.
Psalm 147:5
Heb. 4:13
God se Kennis is onmiddellik, daar is niks wat Hy vergeet het of nie kan onthou nie of wat Hy moet gaan uitvind of leer nie. – (DIE SONDE VAN DIE MENS)
God se Kennis strek vêrder as wat die oog sien, maar dring deur tot ons gewete en motiewe en dit wat verborge is in ons harte
God se kennis word nie deur tyd beperk nie, Hy weet voor die grondlegging van die wêreld van ewigheid af wat sal gebeur.
Sy Vooruitkennis
ILL:Die illustrasie van die man wat op tafel berg
Die Vooruitkennis bevestig net dat God alles geweet het en daarom kan Hy alles neergeskryf het of laat opskryf het vir ons, deur die heilige manne van ouds.
Hand 3:21
Die skrif uit die Woord bevestig dat die mens ’n vrye wil het en dus kan funksioneer en besluite neem buite God se wil en vooruitkennis
Daar is drie tipe kennis
Noodsaaklike en ewige kennis, wat God besit
Vrye Kennis t.o.v. Sy skepping en skepsels (mense)
Intermediêre Kennis (Beperkende kennis) wat tot die ontstaan gehad het van Arminianisme en Calvinisme
Arminianisme – Glo dat God kennis besit oor die verloop van die skepping, die voortbestaan en dan die gebeure wat op mekaar volg en sekere uitwerkings en nagevolge het, (moontlikhede en waarskynlikhede), die kennis is egter nie afhanklik van Sy bevele en besluite nie.
Calvinisme – Glo dat die vooruitkennis wat God beskik juis bestaan omdat God dit ge-wil het, beveel het en sal toesien dat dit tot uitvoering kom.
<God se besluit>. God sien toekoms gebeure net omdat Hy dit so beskik het en laat gebeur, dus sal jy gered word of jy wil of nie.
Verskeie filosofieë het a.g.v. hierdie sieninge ontstaan, daar kan gespekuleer word oor hipotetiese gebeurlikhede, wat kan en wat kan nie en wat kon plaasgevind het, wat as dit reeds plaasgevind het of anders verloop het, ’n oneindige hoeveelheid moontlikhede oor wat kon gebeur het ,maar het nie.
Wat ook al u siening, ons moet besef dat God alles weet en dat daar niks is wat Hy nie weet nie.
4. God is Alwys
Wysheid is nie kennis nie
Dit is dus nou verwant aan kennis, maar gaan veel dieper, dit laat jou toe om te
Job 12:13
1Ti 1:17
Wysheid
5. God se Goedheid
Dit is die attribuut van God, wat wil dat
Terwyl God se goedheid strek oor die hele skepping.
Luk. 12:6 Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie
Efesiërs. 5:9 Want die vrug van die Gees bestaan
Goedheid is deel van die vrug van die Gees
God is goed en hoekom is daar dan boosheid in die wêreld?
Ons kan nie eintlik ’n regte antwoord daarstel nie, want ons ontbreek kennis en wysheid en insig. Dit is opgesluit in God vir God, ons weet nie die eintlike doel hoekom God ons geskape het nie, daar is veel moontlikhede, maar is beperkend tot ons kennis en begripsvermoë, dus sal daar altyd die soeke wees vir die mens om sin en doel in die lewe te hê.
Morele Attribute
Sommige van God se attribute kan ons naspeur en darem iets daarvan verstaan of probeer sin maak of aflei van wat ons te siene en te wete kan kom. Die
Die Heiligheid van God maak dat die sondige mens nie toegang het tot God nie
1. Die Heiligheid van God
Daar is verskeie maniere hoe ons na die heiligheid van God kan kyk
Dit is die een attribuut langs of gelyk aan die ander attribute wat gekoördineer en bestuur word as een
Dit is die totaal van al die attribute saamgevoeg in een
Dit is die natuur van God – Heiligheid en die ander attribute is slegs uitvloeisels daarvan.
Dr. W.N. Clarke gee die volgende verduideliking
“Holiness is the glorious fullness of Gods moral excellence, held as the principle of His own action and the standard for His creatures”
Heiligheid van God is die perfekte, volmaakte standaard van absolute morele reinheid.
Dit bestaan in God, as deel van God en het nie ’n ontstaan gehad nie, ook is dit nie van iets anders afgelei nie.
Eksodus 15:11 o HERE, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?
Openb. 15:4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig;
Heiligheid is die hoof en oorkoepelende faktor vir God se optrede en besluite
Die Heiligheid van God is die totale afwesigheid van wat boos, sondig en gruwelik is.
Die totale som van wat goed is, is komende van God – (GODness) Goodness
Habakuk 1:13 U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie