NRC East London/ Hervormde Kerk Oos London

Menslikheid is meer as ’n wet – dit is deel van ons geloof
In soveel gesprekke waar ek kom hoor ek dit so gereeld dat mense kla oor menseregte. Dit word gesien as 'n manier om die regte van die kriminele te beskerm. Dan het ek soveel keer gewonder of mense besef dat hulself ook deur daardie regte tot menswees beskerm word? Wat vir my altyd verstommend is, is dat dit dikwels gelowiges is wat so praat. Dit het my laat dink, maar wat dan van die Goue Reël wat Jesus vir ons leer in Lukas 6:31-32? Daardie reël wat sê: "Doen aan ander wat jy wil hê ander moet aan jou doen"? Sien ons nog die mensheid raak in ander? Hoe help Jesus se reël om mense anders te benader? Hoe sal dit ons help om ook by te dra tot 'n vreedsame wêreld, waar elkeen waardeer word en 'n plekkie onder die son gegun word?
Locations & Times
NRC East London/ Hervormde Kerk Oos London
36 Park St, East London, 5201, South Africa
Sunday 9:00 AM
Toetredelied: Gesang 332
Votum
Lofsang: Psalm 145:1, 5 en 9
Wet
Skuldbelydenis en genade: Gesang 244:1-2
Skriflesing: Lukas 6: 27-36
Gebed
Preek: Menslikheid is meer as ’n wet – dis deel van ons geloof
Geloofsbelydenis
Lofsang: Gesang 602:1-5
Seën
Chintsa Oos Eredienste
Mannemoed
Finansiële vergadering
IN ONS GEBEDE HIERDIE WEEK…
Oom Freek is nog steeds baie siek. Kom ons dra hom in ons gebede en liefde deur die moeilike tyd, asook vir tannie Annetjie en sy familie.
Ons dink ook steeds aan oom Hans wat sukkel met sy gesondheid en ons gebede is dat hy spoedig sal herstel.
GELUKWENSE
R5-projek
KINDERKERK 2016
Kerssangdiens 2016