Doxa Deo Moot Gemeente

Hemelse Hart Reeks
'n Honger Hart
Locations & Times
Doxa Deo Moot Gemeente
1245 Ben Swart St, Pretoria, 0186, South Africa
Sunday 8:00 AM
Hoor wat sê Jesus in Matt. 5:6 oor honger:
“Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.”
Hy sê nie hulle sal gevoed word en dan sal hulle versadig word nie. Hy sê dat versadig is die gevolg van hulle honger en dors.
Wanneer jy honger is, dan sal jy vol wees!
Hoe werk dit?
Besig met reeks: Hemelse Hart waar ons praat oor hoe lyk ‘n hart wat op God gerig is?
In Matt. 5 beskryf Jesus dit vir ons in die salig spreuke.
Salig die wat: Arm v gees is, die wat treur, sagmoedig is, honger is.
Een vd grootste uitdagings vir die kind van God is om honger te wees en terselfdertyd ook versadig. Behoeftig te wees maar terselfdertyd ook Salig, vol blydskap.
i) Om honger te wees
Honger is ’n teken van gesondheid. ’n Honger mens is ’n gesonde mens. Toe my kinders klein was en hulle nie ’n eetlus gehad het nie m.a.w. hulle het nie honger geraak nie, dan het ek hulle dokter toe gevat want dan was daar iets fout.
As nie ’n honger in jou siel het, na dit wat op Vader se hart is nie, dan is daar fout met jou! Ek sê nie dat jy nie gered is nie, ek sê dat jy geestelik nie gesond is nie.
Hongerte is die geestelike barometer wat iets sê oor hoe gesond, hoe passievol jy is oor die Here en die koninkryk van God.
Jes. 29:8sê dat honger en dors maak dat ’n mens drome droom oor kos en iets om te drink.
Weet nie of jy al ooit honger gaan slaap het nie, in die army het dit baie gebeur. Daai aand droom jy oor die lekkerste kos wat net jou ma kan maak.
Mense wat passie verloor het vir die lewe, wat begeerte verloor het na groei en ontwikkeling wat die dryf verloor het om na visie na te jaag, om aan die huwelik te bou, mense wat hierdie tipe van drome verloor het is net daarom hulle gebrek het aan hongerte.
God wil ons kom vol maak met hongerte, hoekom? Sodat ons kan drome droom oor dit wat op God se hart is, sodat ons met passie en dryf en hongerte ons alles kan gee vir daardie droom.
Spr. 6:30sê dat wanneer ’n dief steel omdat hy honger is dan neem ’n mens hom nie kwalik nie, daar’s ’n verstaan. Hy gaan wel vêrder om te sê dat die dief moet 7 voudig terug gee wat hy gesteel het maar die punt is daar is ’n mate van begrip wanneer hy steel a.g.v. honger. Want sien honger dryf jou om seker grense te oortree.
Wanneer jy in jou gees honger en dors na iets, is daar ’n motiverings krag wat in jou opstaan wat jy dryf om uit jou gemaksone uit te breek. Wat jou dryf om grense te skuif en deur die blokkasies en die “barriers” deur te breek.
Maar wanneer jy jou honger verloor het, verloor jy ook hierdie motiverings krag en jy begin eenvoudig lewe op die oorblyfsels van gister.
Honger en dors is ’n gawe, dis nie ’n straf nie.
Dawid, bid in Ps. 86:1
“Here hoor my gebed, ek is arm & behoeftig.”
Hy’s een van die rykste Konings in geskiedenis van Israel. Die guns van die Here was die hele tyd sigbaar in sy lewe.
Wat bedoel Dawid? Ek’s arm en behoeftig.
Luk. 1:53 sê “die Here het die wat honger is met goeie dinge gevul maar die rykes het Hy met leë hande weggestuur.”
Is die Here kwaad vir ryk mense of mense wat voorspoed ervaar? Nee, Dawid wat ’n ryk man was, was genoem ’n man na God se hart.
Hoe verstaan mens dit dan?
God praat van hulle wat so begin staatmaak het op hul voorspoed en rykdom dat hulle nie meer op die Here vertrou nie, nie meer bewus is van hulle afhanklikheid van die Here nie.
Dawid noem homself arm en behoeftig omdat hy bewus is van hoe Baie hy die Here nodig het in sy lewe, dit het te doen met sy geloof in God niks met sy geldsake te doen gehad nie.
Iemand het eendag gevra: Hoeveel is te veel? Dink i.t.v. geld, hoeveel is te veel?
Antwoord is: daardie bedrag wat jou op ’n plek sit waar jy voel dis nie meer nodig om op die Here te vertrou nie.
Psalm 107 ... gaan oor die volk van die Here wat hulle vertroue in die Here verloor het. Hulle was op pad na die beloofde land waar daar klaar stede gebou is, waar daar vrugbare grond is. Dan verloor hulle vertroue in die Here, sal ons die vyand uit hierdie stede kan uitdryf? Nou sit hulle in die woestyn:
Ps. 107: 33-34
“The LORD made rivers dry up completely and stopped springs from flowing. He made rich soil become a salty wasteland because of the wickedness of those who lived there.”
Wanneer God se mense hulle passie en ywer vir die Here verloor, hulle onvoorwaardelike vertroue op Hom. Is dit dan dikwels nodig dat God hulle op droë plekke sit sodat hulle weer kan leer wat dit is om honger en dors te word.
Dis nie straf nie, dis genade. Hoe’s dit genade? Want dis honger en dors, sê Bybel, wat jou gaan vol maak.
Hoe meer jy honger en dors na die Here, hoe meer beleef jy vervulling in Hom.
Salig is die wat honger en dors na geregtigheid want hulle sal versadig word.
Wil vir oomblik ook stilstaan by die woord geregtigheid .
ii) Geregtigheid
Righteousness. Soos ‘n muntstuk met 2 kante: right standing & right living.
a) Right standing with God
Verwys na jou redding, dis ’n gawe en dis die resultaat van jou verhouding met die Jesus, kan nie verdien nie.
b) Right living with God
Om te lewe in wêreld soos God dit sien, hele prentjie. Wyse waarop jy lewe en die konteks waarin jy lewe.
Jesus bid: soos in die hemel so ook op die aarde.
Wanneer daar in jou ’n honger en dors kom na die persoon van Jesus dan kry jy geregtigheid as ’n geskenk: right standing with God.
Wanneer jy honger en dors na die lewe van Jesus, dit wat hy geleef en gedoen het, begin jy te ontdek hoe God se prentjie vir hierdie wêreld lyk, vir jou lewe lyk.
Hier’s die spanning: aan die een kant beleef ek absolute vervuldheid in Hom en aan die ander kant ’n absolute Honger en behoefte na Hom.
En ons grootste uitdaging is om al twee kante v hierdie muntstuk te beleef.
Honger en dors jy na die geregtigheid van die Here in en deur jou lewe?
In die natuurlike wêreld word jy honger as jy nie eet nie. In God se Koninkryk word jy honger as jy eet.
Soos jy jouself begin voed met dit wat Goddelik is: gebed en woord en stories van dit wat God in ander se lewe doen ontwikkel al hoe meer ’n aptyt daarvoor.
Hoe meer jy proe van God, hoe groter raak jou honger na nog meer.
Daar was tyd in bediening waar ek stagneer het, my passie verloor het. Iemand gee vir my ’n boek om te lees “The new wine is beter” Robert Thom.
Ek’s nie leser nie. Daai aand lê ek in die bad en kan nie boek neersit nie. Die trane loop soos ek die storie lees van hierdie man wat ’n alkoholis was. Elke dag van sy lewe smag hy na drank. En dan ontdek hy in die Here nuwe wyn. Hy ontdek iets wat vir hom veelmeer plesier gee as wat drank hom ooit kon gee. Hy vertel hoe hierdie ontdekking sy lewe verander het. Hoe hy na die Here begin smag het soos wat hy voorheen na die bottel gesmag het. En dan begin Hy die Here kinderlik en blindelings te vertrou soos ’n klein kindjie en die Here doen die mees wonderlikste wonderwerke in en deur sy lewe. Sy storie gryp my so aan, dat in ’n oomblik herstel die Here my passie vir bediening. Nie net herstel die Here dit nie, maar hy kom skuif die grense. Daar kom ’n nuwe honger en dors binne-in my wat maak dat ek deur die “barriers” breek.
Die nuwe honger en dors maak drome in my los waar ek weier begin droom as net die gemeente. Die Here kom maak ’n ding los in my hart vir die hele dorp met al sy mense en skielik vertrou ek nie net meer die Here vir ’n gemeente nie; ek vertrou die Here vir ’n hele dorp. En my journey Doxa Deo toe word gebore.
Psalm 107: 35-36
He changed deserts into pools of water and dry land into flowing springs.
God se eind plan is nie die woestyn nie, sy eind plan is nie droogte en hongerte nie.
Sy eind plan is vervulling in Hom.
He let hungry people settle there, and they built a city to live in.
God gee die stad aan die wat honger is. Hy sit die verantwoordelikheid van die stad in ons hande wanneer ons bewus is van ons afhanklikheid van Hom, wanneer ons daarna smag om meer van Hom te sien van sy heerlikheid in die stad te sien.
Ek wil bid vanmôre vir mense wat God wil vertrou dat Hy ’n nuwe honger en dors in jou lewe sal kom losmaak.
As verder lees in Matt. 5 praat van ons is die sout van die aarde. Een van die dinge wat sout doen as jy daarvan eet, is dit kom maak jou dors.
Ek wil bid vir mense dat God jou sal gebruik om ander weer dors te maak. Dat jou storie mense weer hoop sal gee, weer die passie en drome in hulle lewens sal kom wakker maak.