Doxa Deo Moot Gemeente
Afhanklike hart
Locations & Times
Doxa Deo Moot
1245 Ben Swart St, Pretoria, 0186, South Africa
Sunday 8:00 AM
Hemelse hart – Afhanklike hart. Riaan de Wet Doxa Deo Moot 3 November 2016
Ons begin vandag met ʼn nuwe reeks. ʼn Hemelse hart.
Alles wat God doen is vir mense Sy doel met Jesus se aarde toe kom en sterf opstaan is net vir mense dat niemand verlore mag gaan nie, maar ewige lewe kan hê. Sy hart is liefde vir die mens, maak nie saak van waar jy kom of hoe jy lyk nie. In Sy hart is almal die selfde. Vir ons om ʼn hemelse hart te hê, ʼn hart soos God sin te hê is om ʼn hart te hê vir mense. Dat niemand verlore mag gaan nie. Almal ewige lewe kan hê.
Deel van die begin van die bergprediking in Matteus 5 wat sê “geseënd of salig is die wat.” Arm van gees is, die wat treur, sagmoedig is, honger en dors, barmhartig is, rein van hart is, vredemakers is, die wat vervolg word.
Die woord geseënd hier praat van die Griekse woord “Makarios” – om uiters geseënd of gelukkig te wees. Welaf te wees. Dit is a.g.v. Jesus dat ons dit kan beleef en dat dit ʼn leefwyse kan word en nie net in nood wat ons God se seën kan vra of wil beleef nie. Dit is in ons daaglikse wandel wat ons net is wat God ons gemaak het. “In our being and not in our doing”.
In Matteus 5 beantwoord Jesus die vraag hoe lyk ʼn gelukkige lewe? ‘n Lewe wat konstant vol seën en geluk is. Maak nie saak waar ons stad nou in is of dit droog is of nie a.g.v. van Hom is ons reeds geseend.
Vandag praat ons oor ʼn afhanklike hart.
Om afhanklik te wees is om op iemand te reken, om verseker te wees op hulp en ondersteuning.
Om geloof in te hê en staat maak op iemand of iets.
Matt 5 v 3 “Gelukkig is almal wat van God se goedheid en sorg afhanklik is. Hulle sal definitief ’n plek kry in sy nuwe wêreld” NLV
Daar is 2 kante van afhanklikheid
Is om afhanklik van God te wees vir alles, Dat ons God nodig het, ons smag na Hom.
Vanginkel Botha se storie van sy hart omlyning en hoe die bloed weer terug kom in die hart na die tyd. 3 manier hoe die hart weer begin klop as teken van lewe.
1 – As bloed inkom begin die hart vanself klop. 2 – kan die hart aan help met jou hand hom te masseer. 3 – hom skok om weer te begin klop. Hy is afhanklik van die bloed wat deur hom vloei. Dit is veronderstel om ʼn outomaties gebeur. As dit nie gebeur nie is jy dood.
Net so is ons afhanklik van God vir lewe, suurstof, sy seëninge wat deel vorm van ons wese.
Is daar om so afhanklik van God te wees dat dit jou bemagtig om deur te gaan wat jy moet deur gaan nou. Om te gaan en te doen.
Jesus lê en slaap agter in die boot in die storm op ʼn kussing.
Mar 4:35 - 41 “En toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die ander kant. En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom. En ʼn groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word. Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie? En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het ʼn groot stilte gekom. Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie? En ʼn groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is!”
Jesus vra die vraag? “hoe het julle dan nie geloof nie?” Om te doen wat Hy gedoen het nie, of om Hom nie te glo dat hulle veilig aan die ander kant gaan kom nie. Hy het dan gesê “kom ons gaan oor na die anderkant.”
Dit is goed dat ons afhanklik is van God en alles wat Syne is en alles wat Jesus reeds vir ons kom doen het, maar dit bemagtig ons ook om te doen. Hy gee nie net Sy hart vir ons om daagliks te oorleef nie, maar om ons lewe so te leef dat ander mense die goeie werke van ons Vader raak te sien en Hom die eer kan gee. Sodat niemand verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Om mense met Hom te versoen. Hy het Sy Gees vir ons gegee om met ons te wees vir altyd.
Dit is op Hom wat ons reken, verseker kan wees vir hulp en ondersteuning, ons geloof in Hom te sit en staat te maak dat Hy konstant by ons is en ons sal lei in alle waarheid en wysheid.
Kyk soos in ʼn spieël na wie Christus is en dan sien jouself so, belyn jou gedagtes met Sy gedagtes. Ons sien ons seer, skuld en skaamte raak in die spieël, ons afhanklikheid is juis dit dat Hy vir dit gesterf het en vir ons gedra het. Nou dat ons ons self soos in ʼn spieël te sien soos Christus ons sien.
Riaan storie in Kenia. Mooi aan getrek, blink skoene, ruik lekker met goeie reukwater net om na 2 ure se taxi rit, na sweet, rook en vol modder by ʼn gemeente in ʼn klein dorpie uit te kom om te preek. Hoe kan God my gebruik as ek so lyk, en ruik. Bid vir ʼn blinde vrou. Sê: “Here net U kan dit doen, uit myself lyk ek nie goed nie.” Sy was genees, kom weer sien en ek “ge-‘humble’” deur my afhanklikheid van God en dat hoe ek lyk en ruik het nie saak gemaak nie.
Sy het na die diens 3 eiers in ʼn sakkie gebring en gesê: “ You Cook and eat now.”
Spr. 3,5 -6 “Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie.
Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys.”
Wat hy hier sê is om afhanklik te wees van God en Hy sal jou op die regte pad sit om te doen wat Hy jou bemagtig het om te doen.
Wil van dag vir jou bevestig dat jy reeds geseënd is, dat dit deel is van jou hele wese, dat dit nie ʼn kom en gaan ding is nie. Hou jou hart afhanklik van God en Hy sal Homself aan jou bewys as getrou en waarmaker van Sy Woord.