NGK PE Nooitgedacht

Kwarantyn Kerk - Huisgeloof vir Sondag, 10 Mei 2020
Geestelike samesyn en geloofsvorming vir kleiner groepe, gesinne en individue.
Locations & Times
NG Kerk Nooitgedacht, Port Elizabeth, South Africa
24 Brabant Rd, Port Elizabeth, 6025, South Africa
Saturday 2:00 PM

Kom tot rus in God se teenwoordigheid -
Haal ʼn paar keer diep asem- in… en ... uit.
Wees stil en weet Ek is die Heer. Stilte.
Haal ʼn paar keer diep asem.
Wees stil en weet Ek is. Stilte.
Haal ʼn paar keer diep asem.
Wees stil en weet. Stilte.
Haal ʼn paar keer diep asem.
Wees stil. Stilte.
Haal ʼn paar keer diep asem.
Wees. Bly in die stilte vir ten minste ʼn minuut.
Amen.
Steek nou ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Gebed - John Baillie (1886-1960)
In U oneindige wese lê al die skatte van wysheid en waarheid en heiligheid opgesluit.
Laat die deugde van ‘n Christelike karakter deur my voortdurende gemeenskap met U in my siel vorm aanneem:
- Die gawe van ‘n dankbare en tevrede hart
- Die gawe om geduldig op u vrede te wag en u onmiddellik te gehoorsaam as U my roep
- Die gawe om moedig deur lyding of gevaar te gaan
- Die gawe om swaarkry te verduur omdat ons vir Christus lewe
- Die gawe om onbevrees op te staan vir wat reg is
- Die gawe van waaksaamheid, sodat ek nie in versoeking kom nie
- Die gawe van selfdissipline
- Die gawe van eerlikheid ten alle koste
- Die gawe om ander te behandel soos ek behandel wil word
- Die gawe van sagmoedigheid, sodat ek ander nie te vinnig sal oordeel nie
- Die gawe van beheersdheid, sodat ek nie te vinnig sal praat nie
- Die gawe van vergifnis teenoor almal wat my veronreg het
- Die gawe van begrip vir hulle wat swakker is
- Die gawe om met volharding te verlang dat U hierdie gebed van my sál verhoor.
Amen.
Lees die teksgedeelte: Handelinge 7:55-60

Kinderoomblik -
Het jy al ‘n mooi pêrel gesien? Party tannies dra sommer so ‘n hele string pêrels om hulle nek, te mooi! Nou daar is lank gelede vertel dat daar eendag ‘n oester was wat in ‘n poeletjie seewater gewoon het. Hy het elke dag sy bekkie oopgemaak om seewater in te neem sodat hy mooi kon lyk in God se skepping. Op ‘n dag het daar ‘n klippie in sy bek ingedryf en tussen sy sagte bleisies kom vassit. Dit was ongemaklik en seer en die oester het die klippie probeer uitwerk, maar kon dit nie reg kry nie. Wel die oester kon seker kwaad raak vir God oor hierdie klippie in sy bek want hy is ‘n onskuldige skulp wat nie swaarkry verdien nie.
Maar dit is nie wat die oester gedoen het nie. Hy het besluit om God te vertrou en steeds van elke dag die beste te maak. Toe het hy elke dag ‘n melkerige lagie om die klippie gesit en bietjie vir bietjie het die klippie glad begin word en anders begin lyk. Na ‘n paar weke het die klippie hom glad nie meer seergemaak nie en het iets pragtigs gevorm - ‘n pragtige blink, wit pêrel.
Soms gebeur daar lelike of moeilike dinge met ons en ons kry seer. Dalk word jy geboelie by die skool of dalk is julle baie arm. God vra dat ons nogsteeds op Hom vertrou en elke dag nogsteeds te leef soos Hy van ons vra. Die moeilike dinge kan ons ook vorm om sterk, mooi blink pêrels vir God te kan wees. Ons elkeen kan ‘n helder lig skyn vir Jesus.

Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte? Wat daag jou uit en wat gee vir jou hoop?
Gesels as gesin saam oor die gedeelte. Of bel iemand en praat met hulle hieroor.
Kyk uit vir ooreenkomste in hierdie verhaal tussen Stefanus en Jesus.
Is jy bereid om aan jouself, die eie-ek, te sterf en Jesus te volg al behels dit opoffering en selfverloëning?
Watter uitnodiging kom van die Here na jou deur hierdie teksgedeelte?
Agtergrond van Handelinge 7:55-60 -
In Handelinge 6:1-7 hoor ons dat sewe diakens gekies word. Die gemeente het vinnig gegroei en sekere uitdagings het opgeduik. Een van dit was dat die Griekssprekende deel van die gemeente gekla het dat hulle weduwees nie behoorlik versorg word nie. Toe word daar besluit om 7 diakens te kies wat spesifiek hierop sou fokus.
In Handelinge 6:8-8:3 kry ons die Stefanusverhaal.
Stefanus was een van die sewe diakens. Hy het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. Dit was veral die Giekssprekende Jode wat hom teëgegaan het. Hulle het selfs mense omgekoop om te se dat hy teen Moses en God gelaster het. So is die Joodse godsdienstige leiers opgesweep. Kort voor lank is Stefanus gegryp en beskuldig dat hy dinge teen die wet van Moses en die tempel, twee baie belangrike simbole van die Jode, gesê het.
Daarvoor verskyn hy voor die Joodse Raad. Sy gesig het gelyk soos die van ‘n engel. Hy lewer toe ‘n kragtige toespraak. In die toespraak/preek praat hy oor die geskiedenis van Israel en raak die volgende temas aan:
● God se beloftes aan Abraham (7:2-8)
● Die geskiedenis van Josef (7:9-16)
● Die roeping en optrede van Moses (7:17-43)
● Die bou van ‘n heiligdom vir God (7:44-50)
● ‘N Verwyt teenoor die Joodse Raad omdat hulle Jesus vermoor het (7:51-53).
Stefanus se in sy toespraak dat Israel nie net hulle rug op Moses, hulle groot profeet en leier, gedraai het nie, maar ook op Jesus, die verlosser en Here.
Stefanus dui ook aan dat hulle God verkeerd dien. Hulle verafgod eintlik die tempel. God kan nie in ‘n gebou vasgevang word nie. God is so groot en Heilig dat geen mensgemaakte gebou op aarde as ‘n woonplek vir God kan dien nie (7:49-50). Hulle heg ook te veel waarde aan allerhande mensgemaakte tradisies en vergeet dat hulle geloof oor God gaan. Godsdiens gaan daaroor om gehoorsaam te wees aan die Woord en om vir Jesus, die Gestuurde van God, te volg.
Vol van die Heilige Gees lig hy die skynheilige van sy volk se godsdienstige leiers uit. Deur hulle toedoen is Jesus verraai en vermoor.
Dit was egter vir die Jode net te veel. Hulle was woedend en het op hulle tande gekners. Hulle storm toe op hom af om die lasterlike dinge wat hy sê te stop.
Stefanus kyk toe op na die hemel. Daar het hy Jesus aan die regterhand van God sien staan. Dit bevestig Jesus se absolute verhewenheid as Regter en Redder by God. Hy gaan ook weer kom.
Daarna is hy buite die stad se mure geneem om gestenig te word vir godslastering. Hulle is deur die wet verbied om mense binne Jerusalem te stenig (Num 15:35). Hy word toe met klippen gestenig.
Stefanus se laaste gebed was dat die Here nie die sonde vir die Jode moet toereken nie. Hy sterf nie met haat nie, maar met vergifnis. Hy het tot die einde toe vir Jesus bly volg.
Hierna in handelinge 8:1-3 word die volgelinge van Jesus erg vervolg en in alle rigtings versprei. So het die evangelieboodskap verskeie grense oorgesteek.

Prakties -
Maak op jou eie of as gesin ‘n plakkaat vir die asblikverwyders. Maak ‘n opoffering vir hulle. Sê vir hulle dankie en skryf dalk ‘n vers of gebed by.
Vra vir jou bure hoe dit gaan en of hulle iets nodig het?
Gebed -
Here God almagtig, op U vertrou ons elke dag. Ons plaas ons hoop in U en vra dat U ons krag gee om U wil te doen ten spyte van ons omstandighede of tekortkominge. Ons vra dat U ons sal lei om bereidwillig te wees om in liefde ander te dien en te help waar daar nood is. Gee dat U liefde en krag oor die mense in ons gemeente, ons gemeenskap en ook tot aan die uithoeke van ons land sal spoel. Ons bid ook vir vervolgde Christene reg oor die wêreld want daagliks in vrees leef maar tog steeds bereid is om U te dien. Laat hulle ook U liefde en genade, en krag en vertroosting elke oomblik ervaar. Dankie dat U ons as kinders gekies het en vir ons verlossing gegee het deur Jesus Christus.
Amen
Seën -
Mag die onderstebo wysheid van God wat die maghebbers van die wêreld oorwin het, deur aan ‘n kruis te sterf, aan ons die krag gee om in Jesus se voetspore te volg.
Mag dieselfde dienende gesindheid in jou wees wat daar ook in Jesus Christus was.
Mag God jou leer om die regte woorde te gebruik sodat jy die wat moeg is, kan moed inpraat. Amen