The Bible App is completely free, with no advertising and no in-app purchases. Get the app
Doxa Deo Moot
Druk deur
Locations & Times
Doxa Deo Moot
1245 Ben Swart St, Pretoria, 0186, South Africa
Sunday 8:00 AM
Druk deur Moot Gemeente2 October 2016
Ons het die voorreg gehad om laas week vir ʼn paar dae in Marlothpark en wildtuin te wees. Dit is seker in die droogste tyd van die jaar en net soos in die media en sosiale media is dit ʼn prentjie van woestyn en droogte, dood en winderig. Baie min water en groenigheid is nie oral te sien nie.
In hierdie tyd maak die Here vir ons dit moontlik om te gaan. Ek en Christa was nog nooit saam in die wildtuin nie en het lank al die begeerte aan die Here bekend gemaak.
Ons glo dit was dan ook die Here se regte tyd en wil. Ps 23 vers 1 en 2 sê “Die HERE is my herder;
niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my
heen.”
Hierdie was in my gedagtes soos ons die eerste keer deur die wildtuin ry. Begin met die Here praat oor hoekom Hy ons juis in die tyd vir ons deure oop gemaak het om te kom en ek sien nie regtig die groen weivelde en water waar rus is nie. Ek glo met my hele hart dat Hy ons herder is en dat Hy ons laat neer lê waar dit groen is en ons lei na waar water is, maar die een was bietjie wyd. Een van die oggende besluit ons om op ʼn bankie te gaan sit en soos dit ons gewoonte is stil te raak met die Here. Dis nou in Marlothpark.
Christa lees uit die laaste hoofstreke van Job. Waar God vir Job vrae vra oor Sy skepping.
Die wind waai en blare val nou eers van die bome af dat is seker so meter of 2 se waterstompie waar die Krokodilrivier was, op die oorkantse wal lê ʼn dooie seekoei en die wind waai dierk. in ons rigting. M.a.w. dit stink.
My eerste gedagte was om op te staan en erns ander te gaan sit want dit is nie plesierig hier nie, Dis nie groen weivelde en waters waar daar rus is nie. Ek beleef hoe die Here vir my sê: bly sit en probeer deur druk om by dit uit te kom wat Hy nou vir ons wil sê.
Dit is waar oor ek vanoggend wil praat. Druk deur. Ons moes deur die wind en droogte, die dooie seekoei se reuk druk. Moes ons eie emosies en self sintuie druk om net stil te raak in ons koppe om by die groen weivelde en rustige waters toe te kom.
Kan ons as kinders van God nog deur druk na dit wat God vir ons wil sê of vir dit wat Hy in of deur ons wil doen. Het ons dalk te gou op gegee of gesê dit is nie die moeite werd nie. Of het ons so familiêr geraak met God dat ons Hom bevraagteken soos Job?
In ʼn oomblik Kom die Here en praat met ons oor Ps. 23 op ʼn deur druk manier. Van uit ʼn posisie van Hy is reeds in ons en dit nie ʼn plek waar Hy ons wil lei daar buite nie, maar in ons en kan ons deur al die stemme en hardheid, die droogte en reuke druk en by Hom in ons uitkom?
Soos ek en Christa deur die wildtuin gery het sê ons vir mekaar, dis baie droog, dit lyk soos ʼn woestyn, wonder wat eet die bokke, wanneer gaan die springbokke weer wen, gaan die DA dit maak in Tshwane en gaan daar ʼn universiteit oor wees vir gratis studies?
Nou moet ons stilsit en deur dit druk om Christus raak te sien en te glo dat daar hoop is.
Vandag is daar dalk ook klomp vrae in jou kop. Dalk jou kind op universiteit en dalk is jou werk net moeilik met mense en sisteme wat nie groen of rustig is nie, dalk ontbreek jy vandag aan liefde en aanraking.
Kan jy deur al daai stemme en reuke druk na Jesus wat in jou is luister. Hom raak sien.
“Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.”
Jesus het Sy gees vir ons gegee om met ons te wees tot in ewigheid. Die gees van
“Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.”
Here vra vir my kan ek ver al die goed kyk en raak sien dat daar nog ʼn water stroompie is en dat daar lewe in daai water is en solank daar water is is daar lewe en waar lewe is is daar hoop.
Joh. 7:38 “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.”
“Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om Sy Naam ontwil.”
Engels sê “He restores my soul”. – Hy bring my terug na Sy oorspronklike plan van dat die gees van God my siel sal beïnvloed. Dat Sy vrede, genade en liefde jou siel, jou wil, emosie en verstand jou intellek kom herstel na ʼn plek van gehoorsaamheid aan Hom.
Ek wou nie meer daar sit nie, Dit ruik nie lekker nie, my emosie was ek wil hier uit en my denke was dat ek nie God op daai bankie kan hoor nie. Hy het my siel kom herstel, kom instem na Sy stem en wil. Dawid het geleer om met sy siel te praat. “ My soul, why are you so down casted in me. Ons emosie, en verstand sê vir ons liggaam jy wil nou opstaan en loop, maar God se Gees sê vir ons druk deur. Kry jou emosie en versant in lyn met wat God sê en dan wil ek bly sit on Sy stem te hoor.
“He leads me to a path of righteousness”. Hy lei my op ʼn pad waar Hy bevestig dat ek reg is met Hom. Dat Hy my kom in Hom kom sit het en dat dit uit daai posie is wat ek my siel nou bevind. Dit alles net om Sy ontwil.
“Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.”
Al gaan ek deur enige donker dal, waar die doods gevare vir my skree, waar ek die dood kan ruik en sien, weet ek dat Hy reeds die onheil oorwin het en alles onder sy voete kom plaas het
1Co 15:55 Who got the last word, oh, Death? Oh, Death, who's afraid of you now? MSG
Ek is vertroos a.g.v. Sy stok en staf wat reeds die oorwinning en dissipline vir my ontwil geneem het.
“U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders.”
Ons dink partykeer dat ons teen standers is die mense by die werk, of jou baas of jou eks, sommer almal wat om jou is.
Eph 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
Hulle is reeds oorwin. Dit is juis dan ons wat van uit ʼn posisie van in Christus se oorwinning die vyand moet herinner aan die oorwinning en nie mekaar veg nie. Ja die vyand loop soos ʼn brullende leeu rond en brul vir jou, As jy toegee, ingee dan gee jy hom ʼn plek aan jou tafel. Hy gaan vir jou sê jy is nie goed genoeg nie, Jy gaan dit nie maak nie, nooit verander nie en nooit vry wees nie en wanneer jy gehoor gee aan dit dan kom sit hy by jou tafel. Hy is reeds oorwin in Jesus naam.
Riaan storie.
“U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.”
Die waarheid is dat hy reeds jou kom salf het met Sy salwing, Sy Gees leef ten volle in jou en jy hoef nie te soek na Hom nie, Hy is in jou. Soveel dat jy genoeg het om uit te gee. ‘n Oorvloed van Sy Gees in jou. Lewende waters. Joh. 7:38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. Net Soos Jesus by die Put van Jakob. So kan ek en jy vandag vir mense lewende water laat proe en hul wys na die gewer van lewende waters.
“Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe.”
Ek en jy hoef nie te soek na Sy goedheid en Sy guns nie, deur Christus het ons dit in ons en dit vat van my en jou om deur te druk en dit raak te sien. Lank genoeg stil te staan, deur die “ek is nie goed genoeg, en ek gaan dit nie maak nie” te kom en die Goedheid van God in ons raak te sien. Toe te laat dat die Gees van God ons kom oortuig van God se geregtigheid in ons.
“En ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.”
Ek hoef nie 24/7 in God se kerk te wees nie, Hier my bed te kom maak nie. Hy bly sommer in my en het kom woning maak in my en is hier om te bly verewig en altyd. Ek het nou Sy huis geword. Ek hoef Hom nie te gaan soek nie, deur die wêreld te toer om Hom te vind nie, Nie in Jerusalem te gaan loop op Sy voetspore om Hom te vind nie. Hy is te vinde in my.
Ek kan net deur druk, verby my eie prentjies en gewoontes, my eie dooie reuke en winde en Sy stem in my hoor wat sê jy is Myne, geroep in My naam en Ek het Hom lief.
Vir ʼn uur het die Here daar op daai bankie met my En Christa gepraat om deur te druk na dit wat Hy reeds afgehandel het, reeds oorwin het en dat Hy ʼn begeerte het om in elke oomblik met ons te wil praat en Hom self aan ons te bewys as ons liefdevolle Vader en ons enigste Herder.
Ps. 23 is reeds volbring in ons lewe, ek en jy moet deurdruk en die lewende water wat binne ons is vind. Sy Gees en Hom toelaat om ons in elke oomblik en omstandighede te kan hoor en kan reageer op sy stem in ons. Dit is nie doen nie, maar is reeds klaar gedoen.
Druk deur.