The Bible App is completely free, with no advertising and no in-app purchases. Get the app
NGK PE Nooitgedacht

Kwarantyn Kerk - Huisgeloof vir Sondag, 3 Mei 2020
Geestelike samesyn en geloofsvorming vir kleiner groepe, gesinne en individue.
Locations & Times
NG Kerk Nooitgedacht, Port Elizabeth, South Africa
24 Brabant Rd, Port Elizabeth, 6025, South Africa
Saturday 3:00 PM

Kom tot rus in God se teenwoordigheid -
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
Ek glo in die goedheid van God.
Ek glo God voorsien, nie altyd wat ek wil hê nie, maar wel wat ek nodig het.
Hy laat my rus in groen weivelde.
Ek glo dat Jesus Christus die Goeie Herder is.
Ek vind rus in Jesus se lewe en in Sy liefde wat aan my bedien word.
My voedsel is om Hom te gehoorsaam.
Hy bring my by waters waar daar vrede is.
Ek glo dat die Heilige Gees vrede bring.
Ek les my dors in die vergifnis van ons sondes.
Hy gee my nuwe krag.
My lewe word van dag tot dag deur Christus in gemeenskap met die Gees aan die Vader gewy.
In Hom het ek die ewige lewe.
Amen.
Steek nou ’n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid by jou.
Gebed -
Kom, o Lig, en verlig die duister in my.
Kom, o Lewe, en wek my uit die dood.
Kom, Groot Geneesheer, en heel my wonde.
Kom, Vuur van Goddelike Liefde, en verteer my sonde...
verwarm my hart met u liefdesvlam.
Kom, my Koning, kom sit op die troon van my hart en regeer my lewe.
Want U alleen is my Koning en my Heer.
Amen (St Dimitrii van Rostov -17de eeu)
Lees die teksgedeeltes: Psalm 23 en Johannes 10:1-10

Kinderoomblik -
Meeste van ons het troeteldiere en ons is baie lief vir hulle. Ons moet vir hulle sorg en seker maak hulle het genoeg kos en water, dat hulle veilig is en dat hulle gesond is. In Jesus se tyd was daar baie herders wat na hulle skape moes omsien. Die herder het sy skape geken en vir hulle gesorg. Hy het hulle beskerm teen gevare soos, wilde diere en diewe. Die skape het hulle herder se stem uitgeken tussen al die ander mense en het geluister as hy hulle roep. As die skape na die herder luister en by hom bly, het hulle nie verlore geraak of in gevaar beland nie. Die herder het ook elke skaap geken en presies geweet wie is wie. Jesus sê dat Hy ons Herder is. Hy sal vir ons sorg en ons beskerm teen gevare. Hy ken elkeen van ons baie goed en is baie lief vir ons, ons is spesiaal vir Hom daarom het Hy aan die kruis vir ons gesterf. Maar ons moet ook na Jesus se stem luister soos die skape na die herder se stem luister. Ons moet luister na wat Hy ons leer in die Bybel en lewe soos Hy van ons vra.

Moontlike vrae -
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes? Is daar ‘n vers, beeld of gedagte?
Hoe word jou lewe geraak? Wat beteken dit vir jou dat Jesus jou goeie herder is wat vir jou sorg, ken, liefhet en die ewige lewe gee?
Is jy een van Jesus se skape? Of wil jy eerder die herder wees en jou eie kop volg?
Hoe word jy deur die Here uitgenooi om te verander?
Hoe kan jy as ‘n goeie herder lewegewend wees teenoor ander in die tyd?
Agtergrond -
In Johannes 10 maak Jesus belangrike aansprake oor Homself aan die hand van die destyds bekende beeld van die herder. Hy gebruik hierby die metafore van byvoorbeeld die deur, die skaapkraal, die rowers en die diewe.
Ons moet Johannes 10, die sewende en laaste openbare redevoering van Jesus, lees en verstaan teen die agtergrond van hoofstuk 8 en 9. Daarin voer Jesus openlik en ernstig stryd met die skrifgeleerdes en Fariseërs. Hy ontbloot hulle gebrek aan wysheid, liefde en barmhartigheid en onderstreep hulle selfgerigtheid, selfsug en gebrekkige leierskap.
Wie die taak/roeping van herderskap vir die Godsvolk opgedra is, moes betroubaar wees in die uitvoering van hulle taak teenoor hulle opdraggewer.
As Hy dus in Johannes 10 die herderskap op Homself van toepassing maak, as die Goeie Herder teenoor diewe en rowers, stel Hy Homself openlik op as die alternatief, die ware herder, die ware heerser. Die herders, heersers in Jesus se tyd, het daarin misluk om sorgsaam, barmhartig en liefdevol teenoor die owerspelige vrou op te tree (Joh 8) en die blindgeborene en sy familie (Joh 9). Jesus, daarenteen, betoon die Vader se genade aan hulle.
Reeds by die begin van die vierde evangelie ontwikkel Johannes die gedagte dat Jesus die Een is wat lewe bring en wat lig bring.
Jesus is die een wat die lewe in sy hoogste vorm, die ewige lewe, die onblusbare lewe selfs na die dood van die liggaam, die lewe in oorvloed gee.
Die destydse Joodse leiers/herders en hulle volgelinge het ernstige bedenkinge oor Jesus se aansprake gehad. Vroeër het hulle beweer Hy mislei die mense (7:12, 47) en gesê “die vervloekte klomp mense ken nie ons wet nie” (7:49). In hoofstuk 10 konfronteer hulle Jesus openlik: As u die Christus is (dit is Messias, Gesalfde, Heerser), sê dit reguit.
Wanneer Jesus hierop positief antwoord (10:25) en aandui Hy is die gestuurde van sy Vader en dat sy teenstanders nie van sy skaapkudde is nie, want hulle luister nie na sy stem nie en glo nie in Hom nie (10:26,27), dat Hy vir sy eie skape die lewe gee, die ewige lewe en ewige sorg, omdat Hy en sy Vader een is (10:28-30), wou hulle Hom doodmaak/stenig (10:31). Wat hulle betref, het Hy godslastering gepleeg (10:33). Hulle wou Hom later gevange neem (10:39) omdat Hy herhalend sy eenheid met sy Vader bely het (10:37-38).

Prakties -
Maak ‘n skapie by die huis. As familie kan julle kyk wie mooiste, snaakste of kreatiefste skapie kan maak. (Daar is 'n voorbeeld op die lessie vir die kinders, op ons webwerf.)
Gaan wees vir ander (ook dié in nood) ‘n goeie herder wat omgee, troos en liefde toon in hierdie tyd?
Wat help jou om stil te word en Jesus die goeie herder se stem te hoor in hierdie tyd?
Gebed -
Here, maak my 'n instrument van U vrede.
Waar daar haat is, laat my liefde saai;
waar daar onreg is, vergifnis;
waar daar twyfel is, geloof;
waar daar wanhoop is, hoop;
waar daar duisternis is, lig;
waar daar droefheid is, vreugde.
O, Goddelike Meester, gee dat ek nie soseer sal soek
om getroos te word nie as om te troos;
om verstaan te word nie as om te verstaan;
om bemin te word nie as om lief te hê.
Want dit is deur te gee dat ons ontvang;
dit is deur te vergewe dat ons vergewe word;
en dit is deur te sterwe dat ons tot die Ewige Lewe gebore word.
(Franciskus van Assisi)
Seën -
Mag die Here Jesus Christus by jou wees om jou te beskerm;
binne-in jou wees om jou te verfris;
rondom jou wees om jou te bewaar;
voor jou wees om jou te lei;
agter jou wees om jou te regverdig;
bo jou wees om jou te seën.
Hy wat saam met die Vader en die Heilige Gees
leef en regeer – God vir ewig en altyd.