Logo de l'Aplicació de la Bíblia
Icona de cerca

Psalms 139

139
1Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. יהוה, U het my deursoek en U ken my.
2U ken my sit en my opstaan; U verstaan my gedagtes van bo af.
3U ken my lewenswyse en my pad en is bekend met al my dade,
4want as daar misleiding op my tong is, let op, o יהוה, U ken dit volledig.
5U ken my van begin tot einde, want U het my gevorm en U hand op my gelê.
6Sulke kennis is te wonderlik vir my, dit is hoog, ek kan nie daar bykom nie.
7Waar sou ek heengaan van U Gees af, of waarheen sal ek vlug van U Teenwoordigheid af?
8Klim ek op, die hemel in, U is daar; gaan ek af na Sh’ol, let op, U is ook daar!
9As ek my vlerke oplig soos die van ’n arend en bly in die verste dele van die see,
10selfs ook daar sal U hand my lei en U regterhand my vashou Yeg 48:35
11wanneer ek sê: “Die duisternis sal sekerlik soos lig oor my wees; selfs die nag sal lig wees voor my gesig.”
12Duisternis sal nie vir U donker wees nie, maar die nag skyn soos die dag; duisternis en lig is dieselfde vir U,
13want U het my binneste gevorm, Iyov 10:11 U het my aanvaar vanaf my moeder se baarmoeder.
14Ek sal U loof met uitgestrekte hande, as gevolg van die wonders wat U gedoen het; wonderbaar is U werke en my lewe weet dit alte goed.
15My wese, toe ek in die geheim gemaak is, lieflik geweef in die baarmoeder van die aarde, is nie vir U verborge nie. Iyov 10:8; Pre 11:5
16U oë het my wese gesien, tog nog onvolmaak en al hierdie dinge in U boek geskryf, selfs voordat die dag bestaan het en die mens tot bestaan gebring is. Yir 1:5; Open 20:12
17Hoe kosbaar is U gedagtes vir my, o God! Hoe geweldig is die som daarvan!
18As ek die beste van hulle sou tel, is hulle meer in getal as die korrels sand; wanneer ek wakker word, is ek steeds by U.
19Sekerlik sal U, o God, die bose neerslaan. Gaan dus weg van my, julle manne van bloedvergieting,
20want hulle praat boos teen U en U vyande staan op in boosheid!
21Ek haat hulle wat U haat, o יהוה en verafsku hulle wat teen U opstaan.
22Ek haat hulle met ’n volmaakte haat; ek sien hulle as my vyande!
23Deursoek my, o God en ken my verstand, wil en emosie; toets my en ken my lewenswyses Yir 17:10
24en kyk of daar enige bose manier in my is en lei my op die ewige pad! 1 Yog 1:7-9

S'ha seleccionat:

Psalms 139: PWL

Subratllat

Copia

Compara

Comparteix

None

Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió