Psalms 138
138
1’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Ek sal U met uitgestrekte hande loof met my hele verstand, wil en emosie; ek sal voor die konings sing en musiek maak tot U.
2Ek sal op my gesig neerval in U afgesonderde tempel en U Naam (Karakter en Outoriteit) met uitgestrekte hande loof vir U liefdevolle goedheid en vir U waarheid, want U het U volle boodskap bo U Naam (Karakter en Outoriteit) opgelig.
3Op die dag dat ek uitgeroep het na U, het U my geantwoord en die krag van my lewe verhoog.
4Al die konings van die aarde sal U loof met uitgestrekte hande, o יהוה, want hulle het die woorde van U mond gehoor en daarna geluister;
5ja, hulle sal die lewenswyses van יהוה besing, want die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה is groot.
6Alhoewel יהוה verhewe is, sien Hy nogtans die wat laag neergebuig is, maar die trotse ken Hy van ver.
7Alhoewel ek te midde van moeilikheid loop, sal U my red; U sal U hand uitsteek teen die woede van my vyande en U regterhand sal my verlos.
8O יהוה, voltooi dit vir my! U goedheid, o יהוה, duur vir ewig; moenie die werke van U eie hande laat staan nie!
S'ha seleccionat:
Psalms 138: PWL
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.