Psalms 122
122
1’n Lied vir die opgaan na die feeste; van Dawid. Ek was verheug toe hulle vir my gesê het: “Laat ons na die huis van יהוה gaan!”
2My voete sal in jou poorte staan, o Yerushalayim!
3Yerushalayim is gebou soos ’n stad wat omring is deur ’n muur,
4waarheen die stamme opgaan, die stamme van יהוה, tot getuienis van Yisra’el, om met uitgestrekte hande die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה te loof,
5want daar is trone van oordeel opgestel, die trone van die huis van Dawid.
6Bid vir die vrede van Yerushalayim; hulle wat jou lief het, sal voorspoedig wees!
7Mag vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid binne jou mure wees en veiligheid binne jou paleise!
8Ter wille van my broers en my vriende sal ek nou sê: “Vrede, vreugde, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid in jou!”
9Ter wille van die huis van יהוה, ons God, sal ek soek wat goed is vir jou.
S'ha seleccionat:
Psalms 122: PWL
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.