Logo de l'Aplicació de la Bíblia
Icona de cerca

Psalms 121

121
1’n Lied vir die opgaan na die feeste. Ek lig my oë op na die berge, van waar sal my hulp kom?
2My hulp is van יהוה wat hemel en aarde gemaak het.
3Hy sal jou voet nie laat struikel nie; jou Bewaarder sal nie sluimer nie.
4Let op, die Bewaarder van Yisra’el sal nie sluimer of slaap nie.
5יהוה is jou Bewaarder; יהוה sal jou beskerm met Sy regterhand.
6Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie in die nag nie.
7יהוה sal jou bewaar van alle boosheid, Hy sal jou lewe bewaar.
8יהוה sal jou uitgaan en jou ingaan bewaar, van nou af aan vir ewig.

S'ha seleccionat:

Psalms 121: PWL

Subratllat

Copia

Compara

Comparteix

None

Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió