Logo de l'Aplicació de la Bíblia
Icona de cerca

Psalms 123

123
1’n Lied vir die opgaan na die feeste. Ek lig my oë op na U wat in die hemel woon.
2Let op, soos die oë van die diensknegte na hulle meesters gerig is en soos die oë van die diensmaagd na haar meesteres gerig is, so is ook ons oë op יהוה, ons God, gerig totdat Hy onverdiende guns aan ons bewys.
3U onverdiende guns; o יהוה, bewys aan ons U onverdiende guns, want ons het baie veragting aangehoor.
4Ons lewe het genoeg gehad van die spot van die selftevredenes en genoeg van die veragting van die trotsaards!

S'ha seleccionat:

Psalms 123: PWL

Subratllat

Copia

Compara

Comparteix

None

Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió