Die verskyning van יהוה se Gemanifesteerde Teenwoordigheid was in die oë van die seuns van Yisra’el soos ’n verterende vuur op die top van die berg.
Mosheh het binne-in die wolk ingegaan soos hy op die berg opgaan en Mosheh was veertig dae en veertig nagte op die berg.