Eksodus 24
24
1Hy het vir Mosheh gesê: “Kom op na יהוה toe, jy, Aharon, Nadav, Avihu en sewentig van die oudstes van Yisra’el en lê met julle gesigte op die grond op ’n afstand.
2Mosheh alleen moet naderkom na יהוה toe, maar hulle moenie naderkom nie en die volk mag nie saam met hom opkom nie.”
3Mosheh het gekom en aan die volk al die woorde van יהוה en al die uitsprake meegedeel en die hele volk het met een stem geantwoord en gesê: “Al die woorde wat יהוה gesê het, sal ons doen.”
4Mosheh het al die woorde van יהוה opgeskryf en die oggend vroeg opgestaan en by die voet van die berg ’n altaar en twaalf pilare, volgens die twaalf stamme van Yisra’el, gebou.
5Hy het jongmanne van die seuns van Yisra’el gestuur wat brandoffers geoffer het en bulle as vredesoffers vir יהוה geslag het.
6Mosheh het die helfte van die bloed gevat en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed op die altaar gesprinkel.
7Hy het die Boek van die Verbond gevat en dit voor die ore van die volk gelees en hulle het gesê: “Alles wat יהוה gesê het, sal ons doen en ons sal gehoorsaam wees.” Eks 15:25; Open 1:3
8Mosheh vat die bloed en sprinkel dit op die volk en sê: “Hierdie is die bloed van die verbond wat יהוה met julle gesluit het volgens al hierdie woorde.” Luk 22:20; Heb 9:20
9Mosheh het opgegaan saam met Aharon, Nadav, Avihu en sewentig van die oudstes van Yisra’el
10en hulle het die God van Yisra’el gesien en onder Sy voete was dit net soos ’n vloerwerk van stene van saffier en so helder soos die hemele self.
11Hy het nie Sy hand teen die leiers van die seuns van Yisra’el uitgesteek nie en hulle het God gesien en het geëet en gedrink.
12יהוה sê vir Mosheh: “Kom die berg op na My toe en bly daar en Ek sal vir jou die kliptafels met die wet gee en die opdragte wat Ek geskryf het om hulle te leer.”
13Mosheh het saam met Y’hoshua, sy dienskneg, opgestaan en Mosheh het op die berg van God opgegaan
14en aan die oudstes gesê: “Wag hier vir ons tot ons na julle toe terugkom. Let op, Aharon en Hur is by julle; wie regsake het, kan na hulle toe gaan.
15Mosheh het op die berg opgegaan en ’n wolk het die berg toegedek.
16Die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het op die berg Sinai gebly en die wolk het dit ses dae lank toegedek en op die sewende dag het Hy na Mosheh geroep uit die wolk.
17Die verskyning van יהוה se Gemanifesteerde Teenwoordigheid was in die oë van die seuns van Yisra’el soos ’n verterende vuur op die top van die berg. Heb 12:29
18Mosheh het binne-in die wolk ingegaan soos hy op die berg opgaan en Mosheh was veertig dae en veertig nagte op die berg.
S'ha seleccionat:
Eksodus 24: SPC
Subratllat
Comparteix
Compara
Copia
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.