So het dit gebeur: terwyl Mosheh sy hand ophou, was Yisra’el die sterkste, maar as hy sy hand laat sak, was `Amalek die sterkste.
Die hande van Mosheh het swaar geword, toe vat hulle ’n klip en sit dit onder hom sodat hy daarop kon sit en Aharon en Hur het sy hande ondersteun, die een aan die een kant en die ander aan die anderkant. So het sy hande dan stewig gebly tot sononder.