Die seuns van Yisra’el het vir hulle gesê: “Het ons maar in Mitzrayim deur die hand van יהוה gesterf toe ons by die vleispotte gesit en brood geëet het tot versadiging toe, want julle het ons in hierdie wildernis uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat doodgaan.”
יהוה sê vir Mosheh: “Let op, Ek sal vir julle brood uit die hemele laat reën; dan moet die volk uitgaan en dag vir dag bymekaarmaak sodat Ek hulle kan toets, of hulle volgens My instruksies (Torah) sal loop of nie.