en gesê: “Ek smeek U, o יהוה, God van die hemel, die Magtige, die groot en gevreesde God, wat waarheid en onverdiende guns behou vir hulle wat Hom lief het en Sy opdragte uitvoer,
laat U oë nou oop wees en U ore luister, om die gebed van U dienskneg, wat ek nou, dag en nag, voor U bid, vir die seuns van Yisra’el, U diensknegte, te hoor en ek erken die sondes van die seuns van Yisra’el wat hulle teen U gesondig het; meer nog, ook ek en my familie het teen U gesondig.