HEBREËRS 9:19-21
HEBREËRS 9:19-21 AFR83
Nadat Moses al die gebooie van die wet aan die hele volk oorgedra het, het hy bloed van kalwers en bokke saam met water geneem en met rooi wol en hisop die wetboek self sowel as die hele volk besprinkel en gesê: “Dit is die bloed van die verbond wat God vir julle ingestel het.” Ook die verbondstent en al die voorwerpe vir gebruik by die erediens het hy op dieselfde wyse met die bloed besprinkel.