YouVersion Logo
Search Icon

SPREUKE 13:13-18

SPREUKE 13:13-18 AFR83

Wie hom nie aan die woorde van die Here steur nie, sal die gevolge dra; wie eerbied het vir sy gebooie, sal die goeie vrugte pluk. Wat wyse mense jou leer, is 'n bron van lewe; dit laat jou die strikke van die dood vermy. Iemand wat goeie insig het, geniet goedgesindheid; die pad van onbetroubare mense lei tot vernietiging. Alles wat 'n verstandige mens doen, word met kennis gedoen; wie nie wysheid het nie, begaan een dwaasheid na die ander. 'n Onbetroubare boodskapper kom in die moeilikheid; 'n gesant op wie jy kan staatmaak, stel sake weer reg. Armoede en vernedering wag vir iemand wat hom nie wil laat leer nie, wie 'n teregwysing ter harte neem, word geëer.

Free Reading Plans and Devotionals related to SPREUKE 13:13-18