MARKUS 8:1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21
MARKUS 8:2 AFR83
“Ek kry hierdie mense innig jammer, want hulle is nou al drie dae lank hier by My en hulle het niks om te eet nie.
MARKUS 8:3 AFR83
As Ek hulle nou sonder kos huis toe stuur, sal hulle langs die pad beswyk. Party van hulle kom van ver af.”
MARKUS 8:4 AFR83
Maar die dissipels sê vir Hom: “Waar sal 'n mens in hierdie verlatenheid genoeg brood vir hulle kan kry?”
MARKUS 8:7 AFR83
Hulle het ook 'n paar vissies gehad; en nadat Hy die seën gevra het, het Hy gesê hulle moet dit ook uitdeel.
MARKUS 8:10 AFR83
Hy het toe dadelik saam met sy dissipels in die skuit geklim en na die gebied Dalmanuta toe gegaan.
MARKUS 8:11 AFR83
Daar kom toe Fariseërs wat met Jesus begin redeneer. Om Hom op die proef te stel, wou hulle van Hom 'n wonderteken uit die hemel hê.
MARKUS 8:12 AFR83
Hy het diep gesug en gesê: “Waarom wil hierdie geslag 'n teken hê? Dit verseker Ek julle: Aan hierdie geslag sal beslis nie 'n teken gegee word nie.”
MARKUS 8:13 AFR83
Hy het hulle daar laat staan, weer in die skuit geklim en na die oorkant van die see toe gegaan.
MARKUS 8:14 AFR83
Die dissipels het vergeet om brood saam te vat; hulle het net een by hulle in die skuit gehad.
MARKUS 8:15 AFR83
Jesus het hulle toe gewaarsku: “Pas op, wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.”
MARKUS 8:18 AFR83
Julle wat oë het, sien julle dan nie? Julle wat ore het, hoor julle dan nie? Onthou julle nie
MARKUS 8:19 AFR83
toe Ek die vyf brode vir die vyf duisend gebreek het, hoeveel mandjies vol stukke brood julle oorgehou het nie?” “Twaalf,” sê hulle vir Hom.
MARKUS 8:20 AFR83
“En sewe brode vir die vier duisend, hoeveel mandjies vol stukke het julle toe oorgehou?” “Sewe,” sê hulle vir Hom.