MARKUS 14:53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72
MARKUS 14:53 AFR83
Hulle het Jesus weggelei na die hoëpriester toe. Die priesterhoofde en die familiehoofde en die skrifgeleerdes het almal daar saamgekom.
MARKUS 14:55 AFR83
Die priesterhoofde en die hele Joodse Raad het geprobeer om 'n aanklag teen Jesus te kry om Hom dood te maak, maar hulle het niks gekry nie.
MARKUS 14:56 AFR83
Baie mense het vals getuienis teen Hom afgelê, maar die getuienis het nie ooreengestem nie.
MARKUS 14:58 AFR83
“Ons het hom hoor sê: Ek sal hierdie tempel, wat deur mense gemaak is, vernietig en binne drie dae 'n ander een bou wat nie deur mense gemaak is nie.”
MARKUS 14:63 AFR83
Toe skeur die hoëpriester uit verontwaardiging sy klere en sê: “Waarvoor het ons nog getuies nodig?
MARKUS 14:64 AFR83
Julle het die godslastering gehoor. Hoe lyk dit vir julle?” Hulle het Hom eenparig veroordeel: “Hy verdien die dood!”
MARKUS 14:66 AFR83
Terwyl Petrus onder in die binnehof was, kom een van die hoëpriester se diensmeisies daar.
MARKUS 14:67 AFR83
Toe sy vir Petrus sien, besig om hom warm te maak, kyk sy na hom en sê: “Jy was ook saam met die man van Nasaret, die Jesus.”
MARKUS 14:69 AFR83
Die diensmeisie het hom gesien en weer vir dié wat daar by gestaan het, gesê: “Hy is een van hulle.”
MARKUS 14:70 AFR83
Maar hy het dit weer ontken. 'n Rukkie later het dié wat daar by gestaan het, vir Petrus gesê: “Werklik, jy is een van hulle, want jy is mos ook 'n Galileër.”