MATTEUS 16:1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 17, 18, 19, 20
MATTEUS 16:1 AFR83
Die Fariseërs en die Sadduseërs het gekom om Jesus op die proef te stel. Hulle het Hom gevra om vir hulle as teken uit die hemel 'n wonder te doen.
MATTEUS 16:2 AFR83
Maar Hy antwoord hulle: “In die aand sê julle: ‘Daar kom mooi weer, want die lug is rooi;’
MATTEUS 16:4 AFR83
'n Slegte en afvallige geslag wil 'n teken hê, en geen teken sal aan hulle gegee word nie behalwe die teken van Jona.” Hy het hulle daar gelaat en weggegaan.
MATTEUS 16:5 AFR83
Die dissipels het na die oorkantste oewer toe gegaan, maar vergeet om brood saam te neem.
MATTEUS 16:6 AFR83
Jesus het vir hulle gesê: “Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.”
MATTEUS 16:7 AFR83
Hulle het toe met mekaar daaroor gepraat en gesê: “Dit is omdat ons nie brood saamgebring het nie.”
MATTEUS 16:8 AFR83
Jesus het geweet wat hulle praat, en Hy sê vir hulle: “Kleingelowiges! Hoekom praat julle met mekaar daaroor dat julle nie brood het nie?
MATTEUS 16:9 AFR83
Verstaan julle nog nie en onthou julle nie die vyf brode vir die vyf duisend en hoeveel mandjies vol julle bymekaargemaak het nie?
MATTEUS 16:10 AFR83
En die sewe brode vir die vier duisend en hoeveel mandjies vol julle bymekaargemaak het nie?
MATTEUS 16:11 AFR83
Hoe is dit dan dat julle nie verstaan dat Ek nie met julle oor brood gepraat het nie? Ek het gesê: Pas op vir die suurdeeg van die Fariseërs en die Sadduseërs.”
MATTEUS 16:12 AFR83
Toe het hulle verstaan dat Hy nie bedoel het dat hulle vir gewone suurdeeg op hulle hoede moet wees nie maar vir die leer van die Fariseërs en die Sadduseërs.
MATTEUS 16:13 AFR83
Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?”
MATTEUS 16:14 AFR83
Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.”
MATTEUS 16:17 AFR83
“Gelukkig is jy, Simon Barjona,” het Jesus vir hom gesê, “want dit is nie 'n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is.
MATTEUS 16:18 AFR83
En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
MATTEUS 16:20 AFR83
Toe het Jesus sy dissipels beveel om vir niemand te sê dat Hy die Christus is nie.