LUKAS 8:1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39
LUKAS 8:5 AFR83
“'n Saaier het uitgegaan om saad te saai. Met die saai het 'n deel op die pad geval, en dit is vertrap en die voëls het dit opgepik.
LUKAS 8:6 AFR83
'n Ander deel het op 'n klipbank geval, en nadat dit opgekom het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie.
LUKAS 8:7 AFR83
Nog 'n ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het daarmee saam gegroei en dit laat verstik.
LUKAS 8:15 AFR83
Die deel wat in goeie grond val, dui op dié wat die woord met 'n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrug dra.”
LUKAS 8:17 AFR83
Daar is niks geheim wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en aan die lig sal kom nie.
LUKAS 8:19 AFR83
Die moeder en die broers van Jesus het na Hom toe gekom, maar vanweë die gedrang kon hulle nie tot by Hom kom nie.
LUKAS 8:21 AFR83
Maar Jesus sê: “My moeder en my broers is dié wat na die woord van God luister en daarvolgens handel.”
LUKAS 8:24 AFR83
Hulle gaan toe na Jesus toe en maak Hom wakker met die uitroep: “Meneer, Meneer, ons vergaan!” Toe staan Hy op en bestraf die wind en die golwe.
LUKAS 8:26 AFR83
Daarna het hulle verder gevaar na die land van die Geraseners, wat reg teenoor Galilea lê.
LUKAS 8:30 AFR83
Toe vra Jesus hom: “Wat is jou naam?” “Legio,” antwoord hy, want daar het baie bose geeste in hom ingevaar.
LUKAS 8:31 AFR83
Hulle het Jesus gesmeek om hulle nie na die onderaardse diepte toe terug te stuur nie.
LUKAS 8:33 AFR83
en die bose geeste het uit die man uitgegaan en in die varke ingevaar. Die trop sit toe op loop teen die hang af, die see in, en hulle versuip.
LUKAS 8:34 AFR83
Toe die wagters sien wat gebeur het, hardloop hulle weg en gaan vertel dit in die dorp en op die plase.
LUKAS 8:38 AFR83
Die man uit wie die bose geeste uitgevaar het, het Jesus gesmeek om by Hom te kan bly. Maar Jesus het hom weggestuur en gesê