LUKAS 22:39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71
LUKAS 22:39 AFR83
Jesus het die stad verlaat en volgens gewoonte Olyfberg toe gegaan, en sy dissipels het Hom gevolg.
LUKAS 22:40 AFR83
Toe Hy op die plek aankom, sê Hy vir hulle: “Bid dat julle nie in versoeking kom nie.”
LUKAS 22:41 AFR83
Hy het Hom toe van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi. Daar het Hy gekniel en gebid
LUKAS 22:42 AFR83
“Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!”
LUKAS 22:44 AFR83
Hy het in doodsangs geraak en het nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos bloeddruppels geword wat op die grond val.
LUKAS 22:45 AFR83
Toe Hy van die gebed opstaan en by die dissipels kom, kry Hy hulle aan die slaap, uitgeput van droefheid.
LUKAS 22:46 AFR83
Hy sê toe vir hulle: “Waarom slaap julle? Staan op en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie.”
LUKAS 22:49 AFR83
Toe dié wat saam met Jesus was, sien wat gaan gebeur, vra hulle: “Here, moet ons hulle met die swaard aanval?”
LUKAS 22:54 AFR83
Hulle het Jesus toe gevange geneem en Hom weggelei en in die huis van die hoëpriester gebring. Petrus het op 'n afstand agterna gekom.
LUKAS 22:55 AFR83
In die middel van die binneplaas was daar 'n vuur, en daar het mense bymekaar gesit. Petrus het tussen hulle gaan sit.
LUKAS 22:56 AFR83
'n Diensmeisie wat hom in die skynsel van die vuur sien sit het, het hom goed bekyk en gesê: “Dié een was ook saam met daardie man.”
LUKAS 22:58 AFR83
'n Rukkie later sien iemand anders hom en sê: “Jy is mos ook een van hulle.” Maar Petrus antwoord: “Man, ek is nie!”
LUKAS 22:59 AFR83
Na verloop van sowat 'n uur het nog een met beslistheid beweer: “Sowaar, dié een was ook saam met daardie man. Hy is mos ook 'n Galileër!”
LUKAS 22:60 AFR83
Maar Petrus sê: “Man, ek weet nie waarvan jy praat nie!” En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het daar 'n haan gekraai.
LUKAS 22:63 AFR83
Die manne wat vir Jesus bewaak het, het aangehou om met Hom die spot te dryf en Hom te slaan.
LUKAS 22:66 AFR83
Toe dit dag word, het die Raad van die volk – die priesterhoofde en die skrifgeleerdes – vergader en Jesus voor hulle laat bring.
LUKAS 22:67 AFR83
Hulle sê toe: “As jy die Christus is, sê dit vir ons.” Maar Hy antwoord hulle: “Al sou Ek dit vir julle sê, sal julle tog nie glo nie
LUKAS 22:69 AFR83
Maar van nou af sal die Seun van die mens aan die regterhand van die almagtige God sit.”
LUKAS 22:70 AFR83
Toe vra hulle almal: “Dan is jy die Seun van God?” Hy sê vir hulle: “Dit is soos julle sê: Ek is!”
LUKAS 22:71 AFR83
Daarop sê hulle: “Waarvoor het ons dan nog getuienis nodig? Ons het dit mos uit sy eie mond gehoor!”