LUKAS 1:2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56
LUKAS 1:2 AFR83
Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was.
LUKAS 1:6 AFR83
Hulle was albei getrou aan die wet van God en het onberispelik al die gebooie en voorskrifte van die Here onderhou.
LUKAS 1:7 AFR83
Hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was. Buitendien was albei reeds op ver gevorderde leeftyd.
LUKAS 1:8 AFR83
Op 'n keer toe Sagaria in die beurt van sy diensgroep besig was om die priesterdiens voor God te verrig
LUKAS 1:10 AFR83
Terwyl die wierookoffer gebring is, was die hele volksmenigte buite besig om te bid.
LUKAS 1:11 AFR83
Toe verskyn daar aan die regterkant van die wierookaltaar 'n engel van die Here aan hom.
LUKAS 1:14 AFR83
Hy sal 'n bron van blydskap en vreugde vir jou wees, en baie sal bly wees oor sy geboorte
LUKAS 1:18 AFR83
Toe sê Sagaria vir die engel: “Waaraan sal ek dit weet? Ek is 'n ou man, en my vrou is al op ver gevorderde leeftyd.”
LUKAS 1:19 AFR83
Die engel antwoord hom: “Ek is Gabriël, wat in diens van God staan. Ek is gestuur om met jou te praat en hierdie goeie tyding vir jou te bring.
LUKAS 1:21 AFR83
Intussen het die volk vir Sagaria gestaan en wag en begin wonder waarom hy so lank in die tempel bly.
LUKAS 1:24 AFR83
Na daardie tyd het sy vrou Elisabet swanger geword en haar vyf maande lank afgesonder. Sy het gesê
LUKAS 1:25 AFR83
“Die Here het dit vir my gedoen. Nou het Hy na my omgesien om my smaad onder die mense weg te neem.”
LUKAS 1:26 AFR83
In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël gestuur na 'n maagd in Nasaret, 'n dorp in Galilea.
LUKAS 1:27 AFR83
Sy was verloof aan Josef, 'n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria.
LUKAS 1:29 AFR83
Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog kon beteken.
LUKAS 1:30 AFR83
Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou.
LUKAS 1:31 AFR83
Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee.
LUKAS 1:32 AFR83
Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee
LUKAS 1:33 AFR83
en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”
LUKAS 1:34 AFR83
Maar Maria sê vir die engel: “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met 'n man gehad het nie?”
LUKAS 1:38 AFR83
Maria sê toe: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” Toe het die engel van haar af weggegaan.
LUKAS 1:39 AFR83
Maria het haar sonder versuim gereed gemaak en haastig na 'n dorp in die bergstreek van Judea gegaan.
LUKAS 1:41 AFR83
Net toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in Elisabet se moederskoot beweeg, en sy is met die Heilige Gees vervul
LUKAS 1:42 AFR83
en het hard uitgeroep: “Geseënd is jy onder die vroue en geseënd is die vrug van jou moederskoot!
LUKAS 1:44 AFR83
Kyk, net toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my van vreugde beweeg.
LUKAS 1:48 AFR83
omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem
LUKAS 1:51 AFR83
Kragtige dade het Hy met sy arm verrig: hoogmoediges in hulle eiewaan het Hy uitmekaargejaag
LUKAS 1:55 AFR83
soos Hy dit toegesê het aan ons voorvaders, aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.”