JEREMIA 52:12-13
JEREMIA 52:12-13 AFR83
In die vyfde maand, op die tiende van die maand, in die negentiende regeringsjaar van koning Nebukadnesar van Babel, het Nebusaradan by Jerusalem aangekom. Hy was hoof van die lyfwag en in die persoonlike diens van die koning van Babel. Hy het die huis van die Here, die paleis en al die huise in Jerusalem, elke groot gebou, afgebrand.



