Ek gaan hier in Mispa bly om tot beskikking te wees van die Galdeërs wat hier na ons toe kom. Julle kan wyn, vrugte en olie bymekaarmaak en bêre en in die dorpe gaan woon wat julle beset.” Al die Judeërs wat in Moab en tussen die Ammoniete en in Edom en in ander lande was, het gehoor dat die koning van Babel party mense in Juda laat bly het en dat hy vir Gedalja seun van Agikam, seun van Safan, in bevel geplaas het oor hulle. Al dié Judeërs het toe uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, teruggekom na Juda toe en hulle het na Gedalja toe gegaan in Mispa. Hulle het 'n baie groot wyn- en vrugteoes ingesamel.
Read JEREMIA 40
Share
Compare All Versions: JEREMIA 40:10-12
Save verses, read offline, watch teaching clips, and more!
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos