Die woord van die Here het tot Jeremia gekom: Gaan af na die pottebakker se huis toe, Ek sal daar met jou praat. Ek is toe af na die pottebakker se huis toe, en hy was juis besig om iets op die skyf te maak. Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê. Toe kom die woord van die Here tot my: Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel. Een oomblik kondig Ek aan dat Ek 'n nasie, 'n koninkryk sal afbreek, sal uitroei, sal vernietig. Maar wanneer dié nasie hom bekeer van sy boosheid waaroor Ek hom wou straf, sien Ek af van die straf wat Ek oor hom wou bring, en die volgende oomblik kondig Ek aan dat Ek die nasie en die koninkryk sal bou en sal vestig. Maar wanneer hy doen wat verkeerd is in my oë en ongehoorsaam is aan My, sien Ek af van die goeie wat Ek aan hom wou doen.
Read JEREMIA 18
Share
Compare All Versions: JEREMIA 18:1-10
Save verses, read offline, watch teaching clips, and more!
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos