JESAJA 63:11-14
JESAJA 63:11-14 AFR83
Toe het sy volk gedink aan die ou dae, aan die tyd van Moses, en gevra: Waar is Hy wat sy kudde dwarsdeur die see gebring het saam met hulle herder? Waar is Hy wat sy Heilige Gees onder hulle gegee het? Waar is Hy wat sy groot mag saam met Moses laat gaan het, die waters voor sy volk oopgekloof het en vir Hom 'n ewige Naam gemaak het? Waar is Hy wat sy volk deur die diep waters gelei het sonder dat iemand struikel, hulle gelei het soos perde deur 'n woestyn gelei word? Soos 'n trop beeste na 'n groen vallei toe afgaan, so het die Gees van die Here sy volk na 'n woonplek toe gebring, so het U u volk gelei om die roem van u Naam te vermeerder.





