2 KONINGS 25:8-9
2 KONINGS 25:8-9 AFR83
In die vyfde maand, op die sewende van die maand, in die negentiende regeringsjaar van koning Nebukadnesar van Babel het Nebusaradan by Jerusalem aangekom. Hy was hoof van die lyfwag en amptenaar van die koning van Babel. Hy het die huis van die Here, die paleis en al die huise in Jerusalem, elke groot gebou, afgebrand.





