YouVersion Logo
Search Icon

Josua 20

20
Die toevlugstede
1Toe sê die Here vir Josua: 2“Sê vir die Israeliete: Kies nou vir julle ’n aantal stede wat bekend sal staan as toevlugstede. Ek het die opdrag hieroor al in Moses se tyd gegee. 3Die doel van hierdie stede is dat as iemand sonder opset iemand anders doodgemaak het, hulle daarheen kan vlug en daar beskerm kan word. Dan kan die familie van die persoon wat doodgemaak is, nie die ander persoon daar kom vang en doodmaak uit weerwraak nie. 4Wanneer iemand na so ’n stad toe vlug, moet hy eers by die leiers van die volk sy saak gaan stel. Hulle tree daar by die ingang van die stad as regters op. As hulle tevrede is, sal hulle die persoon toelaat om in die stad in te gaan en daar te gaan bly. 5As die familie van die persoon wat doodgemaak is daar aankom, moet die persoon nie aan hulle uitgelewer word nie. Hy moet beskerm word, aangesien die slagoffer per ongeluk, en nie uit woede of met voorbedagte rade nie, doodgemaak is. 6So ’n persoon moet in hierdie toevlugstad bly totdat hy in ’n openbare verhoor in die stad onskuldig verklaar is. Die persoon moet daarna in daardie stad bly totdat die hoëpriester van dié tyd dood is. Daarna mag die persoon as vry mens terugkeer huis toe.”
7Die volgende stede is toe as vrystede aangewys: Kedes in Galilea wat op die berge van Naftali geleë is, Sigem op die berge van Efraim en Kirjat-Arba ook bekend as Hebron, op die berge van Juda. 8Aan die oostekant van die Jordaan, regoor Jerigo, is die volgende stede aangewys: Beser in die woestyngedeelte van die gebied van Ruben, Ramot in Gilead in die gebied van Gad, en Golan in Basan in die gebied van Manasse. 9Dit was die toevlugstede wat aangewys is vir die Israeliete, asook enige uitlanders wat saam met hulle in die land gebly het. Enigeen wat iemand per ongeluk doodgemaak het, kon daar gaan skuil vir beskerming teen die familie van die persoon wat doodgemaak is. Hulle kon daar bly terwyl hulle op ’n openbare verhoor gewag het.

Currently Selected:

Josua 20: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy