YouVersion Logo
Search Icon

Jesaja 46

46
Babel se afgode stort inmekaar
1Babel se afgod Bel het inmekaargesak. Nebo het geknak. Hulle beelde het ’n swaar vrag geword op die rûe van die diere wat hulle moes dra. Hulle gewig druk die pakdiere wat hulle dra, in die grond in. 2Die gode het ineengestort. Hulle kan die vrag nie langer dra nie. Hulle is saam met die mense wat hulle aanbid as gevangenes weggevoer.
Kan afgode vir jou sorg?
3Almal van Jakob, almal wat van Israel oor is, moet na My luister. Vandat jy gebore is, het Ek vir jou gesorg. Toe jy ’n babatjie was, het Ek jou in my arms rondgedra. 4Selfs al word jy oud, sal Ek nog daar wees. Ek sal vir jou sorg tot jy grys is. Ek het julle gemaak. Ek sal vir julle sorg. Ek sal julle dra en julle versorg. 5Met wie kan julle My vergelyk? Met watter ander persoon kan julle My gelykstel? 6Mense wat geld het, huur ’n man wat met goud werk. Hy maak vir hulle ’n beeld van ’n afgod. Hulle buig dan voor die beeld en aanbid die beeld. 7Hulle tel die beeld op hulle skouers en dra dit rond. As hulle dit op ’n plek neersit, staan dit net daar. Dit kan nie roer nie. Selfs al skreeu jy vir die beeld kan hy jou nie antwoord nie. Uit jou probleme kan hy jou nie uithelp nie.
Ek gaan julle red
8Dink ’n bietjie hieroor na en besluit vir julleself. Julle wat so in opstand is teen My, moet julleself ondersoek. 9Laat julle gedagtes teruggaan na alles wat lankal al gebeur het. Ek is tog mos die enigste God. Daar is nie nog ’n ander een buiten My nie. 10Net Ek kan sê wat uiteindelik gaan gebeur. Ek kan voor die tyd al praat oor die dinge wat selfs nog nie eens gebeur het nie. Wat Ek besluit het, staan vas. Wat Ek wil laat gebeur, gebeur uiteindelik. 11Ek roep ’n man uit die ooste. Soos ’n roofvoël kom hy van ’n ver plek aangevlieg. Ek laat hom doen wat Ek besluit het. Ek laat dit gebeur soos Ek dit beplan het. 12Luister tog na My, julle met julle hardkoppigheid en julle onregverdigheid. 13Die bevryding is baie naby. Ek sal nie lank wag voor Ek julle verlos nie. Ek sal Sion red. Ek sal vir Israel wys hoe wonderlik Ek is.

Currently Selected:

Jesaja 46: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy