YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 41

41
1Opgedra aan die musiekleier. ’n Dawidspsalm
2Jy is baie gelukkig as jy iemand help wat swak is. As jy die dag self in die nood is, sal die Here jou ook help.
3Die Here sal jou beskerm en keer dat die dood jou oorval.
Hy sal jou gelukkig maak, waar jy ook al is.
Almal sal vertel hoe goed dit met jou gaan.
Die Here sal nie toelaat dat mense wat niks vir jou omgee, jou onder hulle voete vertrap nie.
4As jy siek is, sal die Here jou gesond maak. Hy sal langs jou siekbed bly staan.
5Ek het vir die Here gesê: “Wees tog goed vir my!
Maak my gesond, al het ek verkeerde dinge teen U gedoen.”
6My vyande sê lelike dinge oor my.
Hulle sê: “Ons wens hy gaan dood sodat almal van hom kan vergeet.”
7As iemand by my kom kuier, wil hy net weet hoe sleg dit met my gaan. Hy maak my verder sleg by ander mense.
8Almal wat my haat, praat agter my rug oor my.
Hulle hoop dat die slegste dinge my sal oorkom.
Hulle sê: 9’n Bose gees bly in hom.
Dit is klaar met hom. Hy sal nie daar opstaan nie!
10Selfs my beste vriend het die rug vir my gedraai. Ek het hom vertrou. Hy het altyd saam met my gekuier.
11Here, help my. Maak my gesond sodat ek kan opstaan.
Dan kan ek aan hulle gaan doen wat hulle aan my gedoen het.
12My vyande kon my nie onderkry nie. Daaraan weet ek dat U my liefhet.
13Ek was onskuldig. U het dit vir almal gewys. En U hou my vas.
U is altyd by my.
14Prys die Here, die God van Israel. Prys Hom vir altyd.
Hy sal altyd sy kinders se God wees.
Dit is die volle waarheid!

Currently Selected:

Psalms 41: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy