YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 149

149
1Kom prys die Here.
Bring eer aan die Here in die byeenkoms van die gemeente.
Sing vir Hom ’n lied wat jy spesiaal net vir Hom gemaak het.
Sing saam met al sy kinders liedere om vir Hom dankie te sê.
2Al God se kinders moet bly wees oor Hom, want Hy het hulle gemaak.
Gelowiges moet juig oor Hom, want Hy regeer oor hulle lewe.
3Hulle moet sy Naam prys deur te sing en te dans.
Saam met pragtige musiek moet hulle Hom uit volle bors loof.
4Die Here se kinders gee Hom groot plesier.
Mense sonder status of belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help.
5Almal wat die Here getrou dien, moet opgewonde juig.
Hulle moet met blydskap sing, selfs as hulle alleen is.
6God se kinders sê vir die Here dankie.
As mense die Here nie dien nie, sal hulle met sy kinders te doen kry.
7Hulle is reg om mense te straf wat God nie eer nie.
8Sy kinders sal die goddelose leiers in die tronk stop,
omdat hulle hulle nie aan God steur nie. Hulle dink hulle is te belangrik daarvoor.
9Almal wat die Here dien, wil graag ontslae raak van mense wat nie na die Here luister nie. En hulle sal dit regkry.
Kom prys die Here!

Currently Selected:

Psalms 149: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy