YouVersion Logo
Search Icon

Psalms 121

121
Die lied is geskryf vir mense wat Jerusalem toe gekom het om die Here te dien
1Ek soek oral rondom my na iemand om my te help.
Ek wonder dan: “Wie sal my nou regtig help?”
2Die Here sal my help. Hy het alles in die wêreld gemaak.
3Jy sal niks oorkom nie. God pas jou op.
Hy sal nie aan die slaap raak as Hy jou moet oppas nie.
4Hy pas al sy kinders op. Hy slaap nooit. Daarom sal Hy nie vergeet om jou te help nie.
5Die Here is jou oppasser. Hy sal altyd by jou wees.
6Niks of niemand kan jou kwaad aandoen nie, al is hy hoe sterk.
God pas jou elke dag op teen allerhande moeilikhede en probleme.
Hy sal jou lewe mooi oppas.
7Die Here sal jou oppas waar jy ook al is:
by die huis, by die werk of miskien êrens op pad.
8Hy sal jou altyd help, of jy kom en of jy gaan, nou en in die toekoms.

Currently Selected:

Psalms 121: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy